• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek kan nie meer inteken nie

Started by Fransi, August 09, 2011, 11:01:38 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Fransi

Waarskuwing: Ek is l.u.n by Woes. Na aanleiding van die afgelope gebeure daar het ek kommentaar gelewer dat ek klaar is met Woes. Ek het begin om van my werk te verwyder- daar was o.a. in die 90 gedigte wat ek daar geplaas het. Terwyl ek daarmee besig was het ek ewe skielik 'n boodskap gekry dat ek 'n funksie probeer wat slegs 'n lid kan doen- ek het toe weer probeer inteken, sodat ek die res van my werk kon verwyder, maar ek het nie meer toegang tot my eie blad of werk nie. Ek kan dit lees, maar nie verwyder ens. nie.

PM

Dinge lyk sleg daar by Woes Fransi.  Die ouens is kwaad en dit lyk nou vir my asof dit nie gaan verbeter nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Ja, daar word op die oomblik baie karakter-skending gepleeg- die dat ek besluit het om maar te gaan. My man sê dat die wagwoorde ens. dalk 'n veiligheids-ietsie kan hê wat 'n mens tydelik verban indien abnormale gedrag (soos werk wat die een na die ander verwyder word) opgemerk word. Ek het nou al sewentien keer probeer inteken- sonder sukses. Indien my man reg is, sal ek dit so 'n paar dae gee en dan die res van my werk verwyder. :-)

PM

Is jy 'n premiumlid Fransi?  Ek sien 'n hele paar van die ouens het hulle werk reeds verwyder.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Ja, ek is premium. Ek was juis besig om van my werk te verwyder, toe ek die volgende oomblik die boodskap kry dat ek nou 'n funksie probeer doen wat slegs 'n lid voor toegang het. Ek het daarna weer probeer inteken en inteken en inteken, maar dit bly vir my dieselfde boodskap gee.
So ek sal dit nou maar eers 'n blaaskansie gee en kyk of my "verbanning" slegs tydelik is en ek wel later weer toegang sal hê om die res van my werk te gaan verwyder.

PM

Ek ruik 'n muishond.   :dontknow:

Miskien moet jy 'n briefie skryf en hoor wat die probleem is?  As jy 'n antwoord kry. 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ek wonder of dieselfde sal gebeur as ek bv my werk afhaal. Ek het nêrens gesê dat ek klaar is met woes nie, al is ek lankal klaar met hom.  Willem beweeg nou op dun ys. Daar gaan nog groot drama kom.  Dalk moet mens by MCE hoor of sy dieselfde ondervind.

PM

Sterstof het ook gegroet.  Dit sal interessant wees om te hoor. 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ek het met MCE gesels.  Daar het van haar kommentare en goed op geheimsinnige manier verdwyn.  Sy dink ons word dopgehou en dat dit wel moontlik kan wees.  Pateties as julle my vra. 

Ek het gisteraand my kinderverhale verwyder en twee kortverhale.  Ek kan darem nog inteken. 

Angelica

Die eerste keer dat PM se kommentaar verdwyn het, was toe ek die spreekwoordelike fluitjie geblaas het met die De Kat storie.
Ek het op 'n ad in De Kat afgekom waarin hulle hul lesers vra om te registreer vir die beoordeling van ons Woes inskrywings vir die kompetisie. Ek het egter eers verlede week daarmee vorendag gekom.
Toe ek dit noem, was Willem onmiddelik by om die kommentaar daarna te verwyk en weer daarna is van MCE se kommentaar net verwyder.
Die feit dat Willem nie die name van die beoordelaars kan/wil bekend maak nie, is die hoofrede waarom daar baie onenigheid en kwade gevoelens is op Woes. Ons het gevoel hy steek dinge weg, ag ons nie waardig nie, ens ens.
Die wen-gedig is ook blykbaar nie waffers nie en niks beter as ons ou Woesters s'n.
Ek is soos 'n idioot behandel gedurende die kompetisie asook voorheen deur soms ge-ignoreer te word of snedig ge-antwoord is.
Daar is baie vrae wat nie be-antwoord word deur Willem aan ons skrywers nie.

Ek kon ook nie my profiel en skrywes verwyder nie en het Willem gevra waarom dit so moeilike of onmoontlik is om te verwyder maar het ook nie 'n antwoord gekry nie. Ek moes deur admin@woes.co.za gaan en dit is uiteindelik verwyder. Ek het aangedring op 'n reply waarin Mandie toe vir my gese het dat dit verwyder is.

Ons wys as statistiek alhoewel ons dormant is.
Die statistieke word gebruik om nuwe borge / adverteerders te kry.
Ongeveer die helfte van die lede-statistiek is dormant en kan maar net sowel verwyder word.

Dit is jammer dat dit moes gebeur, maar aan die ander kant is dit goed.
Kompetisies sal nou baie beter aangebied word.
elle

Naas

Mense, mense, mense. Jy kan nie jou werk van Woes af verwyder nie.
Wanneer jy jou werk verwyder raak dit net weg insoverre dat dit nie meer beskikbaar is om te lees nie. Dit bly egter op die Woes webblad se geheue. Jy het dan weer die opsie om die werk wat jy afgehaal het terug te plaas vanuit hierdie databasis.




Ek is maar net een, maar ek ís een.

Gawelina

Ek is so O-vol vir woes, ek gaan plak sommer weer my hygstorie terug - net om 'n paar anties en omies na hulle vlugsout te laat gryp.  Flippet!  Party wiele is groot en draai stadig, ander is klein en draai vinnig.  Kom ons hoop maar dis 'n wiel wat iewers gaan draai.  Intussen moet ons maar net onthou om nie te vergeet nie.

Angelica

My e-pos hieronder moet lees 'MCE' en nie 'PM'.  Jammer.
Naas, ek het alles self gestoor.
Dit bly natuurlik my eiendom wat op hul server le en ek het dit ook so vir die Admin Afdeling laat verstaan.

En daarmee wuif ek totsiens aan alles wat na Woes ruik.
elle

Naas

Angelica, jy verstaan my verkeerd.
Jy kan en mag maar jou werk verwyder en self stoor maar dit is onmoontlik om dit van die Woes databasis te verwyder. Dit bly daar en bly deel van hul statistiek al kan dit nie meer gelees word nie.
Daarom is daar 'n opsie om dit te "ontskrap" as jy besluit om dit terug te sit.
Jou werk is dus nooit weer regtig joune nie.
Ek plaas niks, NIKS meer daar nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek verstaan dat daar baie onenigheid was oor die kopieregkwessie.  Ek sal net graag wil weet hoekom mense wil geld maak uit 'n ander se werk.  Kyk na ons boek, elke ou gee toestemming dat dit gepubliseer word, elke deelnemer koop 'n boek aan teen kosprys en verkoop dit dan self teen 'n wins.  Al die skrywers behou hul kopiereg.  As jy later weer 'n boek wil uitgee of iemand anders wil jou werk publiseer,  hoekom nie,  of is ek net "plain commen en stupid"?  Hoekom sal iemand jou werk wil opeis?   :dontknow:

As jou werk oor en oor gelees word mag jy dalk net bekend raak. 
Om te weet is om te verstaan.