• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sta(a)nder: een of twee a's?

Started by Meraai vannie Baai, August 04, 2011, 07:45:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Sta(a)nder: Nuwe riglyne van die Taalkommissie vir die gebruik van een of twee a's in hierdie woord. Hier is die maklikste manier om dit te onthou:

*Enige samestelling met -stander wat op 'n mens dui, word met een 'a' gespel byvoorbeeld: buitestander, omstander, voorstander, ens.

*Vir meubels, toerusting, ens. dus nielewend wat op -staander eindig,  word almal met dubbel-aa gespel byvoorbeeld:boekestaander, hoedestaander, voëlhokstaander, lampstaander, ens.

PM

Baie dankie vir die inligting Raaitjie.  Dit kom handig te pas.   :book1:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Jan Stander had 'n hoedestaander
Ja 'n hoedestaander had Jan Stander
En as Jan Stander neffe sy hoedestaander staan
Dan staan sy hoedestaander neffe Jan Stander
Jan Stander is dan net 'n staner.
Maar sy hoedestaander is dan ook 'n staner.
So staan, staan sal die twee wel saamstaan.
Dis nou Jan Stander en sy hoedestaander.
Ja, sy hoedestaander en Jan Stander.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Naas, die stand van die hoedestaander staan dan nou so. . .   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.