• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wie is die baas?

Started by Stof, April 08, 2011, 05:37:23 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Stof

Vanmiddag had Stof die voorreg om saam met PM 'n draai te gaan ry.  Ons een bestemming was 'n paneelwerkwinkel waar ons 'n kwotasie op die herstel van 'n krappie op 'n buffer gaan vra het.

Hier het Stof 'n interresante waarneming oor baasskap gemaak.  Die dame wat ons ontvang, wag ewe bedagsaam dat die werkwinkelbestuurder saam met haar na die buffer kom kyk.  Sy praat met hom op so 'n manier dat haar respek vir sy kennis duidelik blyk.  Sy mening word erken in elke aspek van die kwotasie.  Stof merk egter op dat daar met oogkontak, 'n nie-verbale, paralelle gesprek gevoer word.  Sy staan gereed met haar knipbord om neer te skryf wat hy raporteer.  Sy maak notas, maar dit is duidelik dat sy op detail konsentreer terwyl sy self ook die voertuig met 'n arendsoog beloer..  Hy noem uiteindelik vir haar 'n koste.  Maar sy skryf dit nie dadelik neer nie.  Die nie-verbale gesprek seg "Ek stem nie saam nie".  Ewe gehoorsaam stap hy terug na die voertuig, maak asof hy net weer van iets seker maak, en kom met 'n ander bedrag na haar toe.  Dit is toe die bedrag wat sy op die kwotasie skryf.  Die dame teken toe die kwotasie, gee dit vir PM, en wens haar 'n goeie middag toe.

Die oppervlakkige kommunikasie is die tussen 'n werkwinkelbestuurder en 'n gehoorsame sekretaresse.  Tussen die lyne egter, is werkwinkelbestuurder deeglik bewus dat hy met 'n arendsoog gemonitor word.  Die lyftaal vra deurlopend haar goedkeuring.  Daar waar sy opsomming nie met haar oordeel ooreenstem nie, kry hy subtiel die boodskap.  En tydens elkeen van hierdie klein insidentjies, korrigeer die werkwinkelbestuurder sy mening.  Totdat die dame gelukig is.

Nou wonder Stof net, wie is eintlik die baas?  Is daar dalk 'n hierargie in hierdie besigheid wat die onoplettende besoeker miskyk?

Die waarheid, lê dikwels nie in die oppervlak van 'n gesprek nie, maar tussen die lyne...
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

PM is verbaas oor die vlink opmerklikheid van Stof, maar eintlik nie,  want sy ken hom as 'n persoon wat min sê, maar baie waarneem. 

Daar is 'n maagdevlies verskil tussen baasspeel en baas wees.  Uiteraard het altwee partye by mekaar aansluiting gevind,  al was dit net deur oogkontak.  Dit is wat PM noem, "samewerking en ontwikkeling".

Is daar dalk 'n hierargie in hierdie besigheid wat die onoplettende besoeker miskyk?  Nee, PM glo dat alby partye 'n gesonde uitkyk op besigheid het en dat die ander party nie sou saamstem as hy nie oortuig was van die ander party se mening nie.  Slat my maar,  ek kan dit vat!   :icon_biggrin:

PM kan wel getuig dat, alhoewel dit dol gegaan het met 'n toestroming van klante,  het sy goeie diens ervaar en haar hartjie is gelukkig. 

Ek wou nog vra wat is die tarief wanneer PM se tjorrie gepolleer word?  Mag ek so voor op die wa wees om te vra dat Leopatra vir PM kom vertel wat hulle doen in die proses om die ou tjorretjie te "polish" en wat dit my gaan kos?
Om te weet is om te verstaan.

bloubefoeterd

My vrou sê ek mag die baas wees. Dan is ek maar seker die baas. Wag ek wil netgou by haar gaan seker maak!

Naas

My vrou weet nie ek is baas nie. Sy sal bitter kwaad raak as sy dit uitvind.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Jy beter hoop sy lees nie hier nie Naas.   :happy5:

As die baas die kop is,  dan is ek beslis nie die baas nie.  Ek is net die nek wat die kop draai waar ek dit wil hê!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

my baas konsentreer meer op die vlies...  :laughing7:

PM

Van watter vlies praat meneer dan nou?   :icon_colors:
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

die vleis wat die manne van die seun verwyder,,,  :headbang:

Stof

Quote from: werelde weg on April 18, 2011, 09:05:52 PM
die vleis wat die manne van die seun verwyder,,,  :headbang:

WW, wie sou nou ooit kon raai dat jy van joodse afkoms is?
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

werelde weg

hehehe.... leppatolis ek het nie geweet joode eet vleis nie?