• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die getuigskrif

Started by PM, July 28, 2011, 01:34:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Die getuigskrif

Meneer, ek wil hê u moet hierdie frase skraap,
hoe kan u sê ek is eerlik, is u vas aan die slaap?

Maar Mevrou, eerlik is jy en altyd getrou,
ek kan jou altyd met enig-iets vertrou.

Ja meneer maar wat hou eerlikheid in?
Is oneerlikheid waar diefstal begin?

Ja Mevrou, eerlikheid begin mos daar,
of dink jy hierdie stelling is onwaar?

Meneer, hier sal u moet bieg,
oneerlikheid begin beslis by lieg.

Eerlikheid is om altyd eerlik te sê,
as iemand vra – wat in jou gedagtes lê.

Dit is om jou eerlike opinie te gee,
al skeur jou gevoelens jou soms in twee.

Meneer jou stelling is onwaar, ek sal soms keer
om die waarheid te sê, dalk maak ek iemand seer.

As jou vrou jou soek sê ek saaklik en ferm:
Meneer is in 'n vergadering, net om haar te beskerm.

So, skraap maar daardie "eerlikheid" op dié briefie,
ek kan nie die waarheid verdraai vir eie gerief nie.

O nee my hartjie, hier sal jy nie wen nie,
nét jou hart het ek nooit geken nie,

maar die laaste sê is vir my om te sê.
Eerlik is jy, so eerlik soos enige baas dit wil hê.

Juis die feit dat jy jou eerlikheid betwis,
bewys net weereens hoe eerlik jy werklik is.

Dus Mevrou, as ek my sin kon kry,
sou ek wou hê jy moet net hier bly.

Meneer, as u my die kans sou gee,
ek besef dit nou eers terdeë,

u het goeie kwaliteite sowaar,
ek het dit misgekyk, ék is die sondaar.



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Nou soek ek na woorde ... twee keer gelees en elke keer tref 'n dieper waarheid tussen die lyne my  :notworthy:

PM

Ek het hierdie gediggie iewers uitgegrou toe ek na iets anders gesoek het.  Lekker gelag, dit geskryf toe ek nog bloedjonk was.  Vol rym,  maar ek hou nog steeds daarvan. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit dra vir my formeel by tot die beeld wat geskep word  :icon_salut:

PM

Ek kuier nog steeds saam met die "gaste" op die forum.  Toe kom ek hierop af en sien dit is al 415 keer gelees.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

Rainier

#6
Dis baie oulik. Heelwat hierin om oor na te dink. Ek het dit baie geniet. :hello2:

PM

Dankie dat julle gelees en geantwoord het.  Ek waardeer!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.