Ons het nou 'n massa werk in die konstrukswerf gedoen. Ek moet eerstens vir Meraaitjie baie baie dankie sê vir die inset wat sy die laaste paar maande gegee het. Sonder haar sou ek nooit sover kon kom nie.
Die strukture, soos nou daar uiteengesit, is soos wat dit in die boek sal verskyn (voor die finale proeflees) en Raaitjie se inset.
Julle kan daar lees van watter voorbeelde ek gebruik gemaak het. Die forumprogram maak nie voorsiening vir "spoeg en plak onderstreep" nie. Dit is wel onderstreep in die Word-program.
Op hierdie stadium sal ons kyk na hoeveel spasie hierdie strukture gaan opneem. Daar is nog 'n paar ander opvoedkundige onderwerpe waaraan ons werk, daarvoor moet ook spasie gelaat word.
Lees asseblief julle voorbeelde en laat weet vir ons waar julle veranderings aangebring wil hê.
Dankie vir julle samewerking. Dankie ook aan Adéle wat nog swoeg en sweet met die proeflees.