• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Soektog na sagteware

Started by Stof, July 25, 2011, 05:38:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Stof

Stof het 'n versoek.  Wie kan hom help?

Hy soek oorspronklike weergawes van Windows XP, met hul instaleringskodes, sowel as oorspronklike weergawes van Office 2000 en Office 2003.  Hy is seker daar moet mense wees wat afgegradeer het na Win 7 en Office 2007 en glo dit was 'n verbetering.  Die XP en Office 2000/2003 programme le dus nou en treur by hulle omdat hulle so wreed verwerp is.  Hier is nou 'n liefdevolle aanneemhuis vir die verlatenes waar hulle wel waardeer sal word.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Meraai vannie Baai

Luisie ek hou al my tone en vingers styf vas dat jou aanneemhuis vir verlatenes gevul sal word met dankbare 2000 en 2003 wesie-gawes!

Stof

En luis soek nog steeds.  Dis vir hierdie luisie net luislik onmoontlik om te glo dat alle eksemplare van Win XP en Office 2000 en 2003 net so van die aarde af kon verdwyn toe die wereld afgegradeer het na Win 7.

:stofluis:
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

Ek hoop jy kom spoedig geholpe matertjie.
Om te weet is om te verstaan.