Author Topic: Waarnemend  (Read 2928 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Waarnemend
« on: July 18, 2011, 08:48:33 AM »
Waarnemend

Wanneer die maan goudblink,
word my wange bloedrooi!
Wou ek nog skaam wegdraai.
Was jou oogknip vir my?
Warm was jou glimlag!
Wals stoute duiweltjies
waarborge in jou oë.


©  :angel12:
« Last Edit: July 18, 2011, 02:42:23 PM by Trapsoetjie »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Waarnemend
« Reply #1 on: July 18, 2011, 10:13:49 AM »
Pragtig Trappies,  ek is mal oor die titel.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waarnemend
« Reply #2 on: July 18, 2011, 02:06:19 PM »
o dis mooi, sommer lekkerlees ook   :toothy4: 
'bloedrooi' dalk een woord, dan wonder ek oor goud blink? dit is nie normaalweg 'n woord soos bloedrooi nie maar kan dalk trefkrag hê as dit hier so gebruik word?

 :icon_scratch:
adéle  :grommit:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waarnemend
« Reply #3 on: July 18, 2011, 02:41:57 PM »
Dankie julle.
Adele ek dink jy het 'n puntbeet of het jy die beet se punt ha ha ha ek gaan dit so verander ek hou ook van die blinkgoud saam.
Weereens dankie vir julle hulp, so leer ek elkekeer.  :read2:
 :angel12:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waarnemend
« Reply #4 on: July 18, 2011, 03:34:49 PM »
dit lees so lekker, ek sal elke keer die goud in die volgende volmaan sien
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Waarnemend
« Reply #5 on: July 19, 2011, 12:14:59 AM »
Kom verlustig ek my ook aan hierdie 'W' skepping van jou  :hello2: :notworthy: