• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

hoe groot is leeus

Started by Lox, July 14, 2011, 09:58:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

ek het hierdie op e pos gekry met die opskrif:
weet jy hoe groot leeus werklik is............. so groot

ek ken nie die omgewing nie maar iemand wat ek ken reken dit kan krugersdorp se leeupark wees. dis mos hoeka daardie plek se leeus wat rubber tekort het?































ons was in suidwes op 'n wild plaas en die een aand gaan kyk hoe word die leeus gevoer

daai leeu se voorbeen lyk so dik soos die srpingbok wat hulle gevoer is se nek, ja ek kan glo hy kan seermaak

het fotos gesien wat leeu 'n landrover aangeval het en sy naels het mote in die bakwerk gemaak


kyk hier hoe groot is die ou se voorpoot in vergelyking met my hand

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit is werklik  grooooot!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

'n Familielid van ons in SA, het 'n plaas waar hulle teel met leeus en ek het gevoel daardie draad tussen ons, is NIE genoeg om my veilig te laat voel nie!! Een van die groot menere het homself (per ongeluk) opgehang toe hy van 'n tak afgeval het. Hartseer genoeg kon die ou grote nie betyds gered word nie en pronk nou grillerig opgestop, in hulle huis!

Chichi

indien daai wel Krugersdorp leeupark is, is dit net hier om die draai van my!  En ek het ook al gesien hulle is baie lief vir bande kou, so dit kan hulle wees!  Daai katjie is darem maar mooi! Bietjie te groot om huistoe te bring, maar dink net hoe lekker drukkies kan hy gee!
*The one and only AWESOME-EST


PM

Oeps!  Ek is bekommerd oor die "love bites".  So 'n katjie sal 'n mens ook uit die huis uit vreet. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

love bites is altyd lekker, net nie as daar te veel tande betrokke is nie, so jy moet die ou diertjie maar net reg leer!  Jip baie, wonder of hulle kat kos sal eet....?  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Natuurlik, hulle is dan katte.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

hulle tande en kake is so sterk jy hoef dalk nie eers die blikke katkos oop te sny nie hulle kou dit sommer oop.

sjoe mens sal darem baie blikke moet koop vir so pens vol maak
ek het in grootfontein omgewing 'n mak leeu op 'n plaas ontmoet en hy vreet elke 2 de dag so 25 kg vleis.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Angelica

Sjoe, hierdie ouens, en vrouens, is vrek groot. Seker omdat hulle so 'n lekker lewe het.
Dit fassineer my hoeveel leeus vir die rubber aan voertuie gaan.
Kan enigeen vir my se hoekom dit is?
Wat is in rubber wat hulle in die eerste plek aantrek om te toets?
En dit kom byna oral voor dat hulle na 'n band sal loop...
Ek wonder of daar 'n reuk in die rubber is wat hulle iets in die veld mee identifiseer?
elle

Lox

is seker maar sy kat bloed wat hom laat speel met enigiets en die rubber wat anders lyk as als wat hy sien.
maar die regte antw het ek nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

My sin vir humor kry my nou weer onder.  Wat is die verskil tussen 'n kat en 'n hond?
Die kat kou dit, die hond lig sy been daarteen.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

Ja PM laat jy my nou hardop smile
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

 :toothy4:  'n Hardop smaailtjie is altyd welkom nĂȘ!
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Sjoe! wel ek moet se ek dink hulle kou die rubber net soos hondjies slippers kou of katte hout byt.  Dits die tekstuur, en net soos jy soms 'n lus ontwikkel vir bietjie kougom of jelly swieties, net so doen hulle ook.  Ek dink dit is dieselfde instink wat in 'n dier opskop wat se: mmm dit ruik soos 'n lekker band, ek is seker hy gaan my tande mooi borsel'. 

En ek het al gesien hulle voer vir jagluiperds, iams, of watookal die regte naam is vir daai pille. hehe

*The one and only AWESOME-EST