• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

duik millerspoint #2

Started by Lox, July 14, 2011, 07:56:21 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

hier is nog paar fotos wat ek afgeneem het

rooiaas





rooi spons



ek sien omtrent elke keer nog iets nuut wat ek nog nie van tevore gesien het nie

dit was my scuba duik nr 104 (ek het seker het 250 snorkel duike) en vir die eerste keer sien ek hierdie kleur anemoon






met mens se verjaardag moet jy darem ook 'n spesiale bottel vonkel oopmaak




so lyk die goed waaroor daar so gestoei word: perlemoen



seepampoentjies

toe ek so 20 jaar gelede op hangklip geduik het was daar duisende van die seepampoentjies en geen kreef.

so teen 1990 se koers het die kreef begin intrek en die seepampoentjies begin opvreet.
die seepampoentjies bied skuiling vir die baie jong perlemoen. hulle skuil onder dit vir beskerming teen visse wat van die rotse af vreet.

behalwe vir die skade wat die stropers aan die perlemoen bron daar aanrig sien ons ook nie meer klein perlemoen nie agv onder andere dat die seepampoentjies  uitgeroei is.






peet in sy element
hy was sjef van beroep

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Lox

nog i foto wat ek  agterna gekry het wat ek daai dag afgeneem het. ek het die foto vergroot en pring, A3 size en in my braai plek opgehang, dit lyk rĂªrig mooi.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit is darem die allermooiste kleure Lox.  Die inligting wat jy deurgee is altyd interessant. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek kry nie altyd kans om kommentaar en waardering uit te spreek Stoffeltjie maar glo my vry, ek GANIET!!!