Author Topic: kaggelvuur, rooiwyn en vers  (Read 8988 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
kaggelvuur, rooiwyn en vers
« on: July 09, 2011, 09:03:03 AM »
soos die franse sou sê merci boucou - 'n groot dankie aan PM en Hannes wat hul casa so beskikbaar gestel het.

Ons het gisteraand die eerste Kaggelvuur, rooiwyn en vers aand gehou en dit was sommer van meet af LEKKER. Marie from down under is a marvelous person en dit was great om haar te ontmoet.

Iets waaraan ek, Jeanne D'arc toe nou gist'raand dink is dat ons eintlik so maklik met skype al die forumers wat wyd versprei is ook kan saamsnoer - die meeste van ons het tog in hierdie dae van tegnologiese wonders kameras gekoppel aan laptops/rekenaars - ek dink nou sommer aan Naas, Gaweliena en al die ander van wie ek nog nie die name ken nie.

Ek en Stof het ook sommer as 'n toets met 'n kortverhaal byklanke ingevoeg want in die kortverhaal is daar stemme wat eggo en dit was sommer geslaagd. dink net daaraan nou kan ons wat lus voel stukke skryf wat meer as een karakter in het en waar daar byklanke by is. Ek weet dis 'n wonderlike ervaring om te dink maar nou dink ek daaraan dat siende dat ons al 'n bietjie toerusting het, kan ons mos ook 'n klein drama groep begin.

Ek hoop om die 12de Augustus ook meer Forumers te sien. Gits ek hoor net van almal maar sien niemand nie. En as die lokaal te klein is vir al die mense skuif ons net eenvoudig na Club Sport Maritimo waar daar groter spasie is en waar ek en Stof al 'n keer of wat gekorswil en gesels het op die verhoog en met Bertha Badprop en Chrisman Baard en Johan teenwoordig.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kaggelvuur, rooiwyn en vers
« Reply #1 on: July 09, 2011, 03:35:30 PM »
Jy kry tien uit tien vir die naam van die byeenkoms!   :notworthy:

Dankie vir jou dankie Natalie en dankie vir 'n aand se heerlike vermaak aan jou en Stof ook.  Ons het 'n paar probleme met die forum ondervind en die volgende byeenkoms sal beter bekendgestel word.   Vir 'n toetslopie was dit 'n reuse sekses dié!

Onthou ouens,  die 12de Augustus.   :love7:

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kaggelvuur, rooiwyn en vers
« Reply #2 on: September 25, 2011, 09:25:35 AM »
Die 12de se byeenkoms was 'n reuse sukses en ons het tot vroegoggend gekuier. 
Die 8ste Oktober is ons volgende byeenkoms en ek sien baie uit daarna.
Ons sal 'n piekniek hou om die kaggelvuur met rooiwyn en vers. 
Laat weet vir Natalie, sommer hier as jy wil, wie kom saam en wie gaan sing, speel, voordra, of wat jy gaan doen om ons te vermaak. 
Hoop om almal hier te sien wat naby genoeg is.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.