• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

20 nuwe lede

Started by PM, November 09, 2024, 04:53:44 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het die afgelope paar dae 20 nuwe lede op die forum geregistreer.  Skuus dat ek nie elkeen van julle apart welkom heet nie, maar weet dat julle almal hartlik welkom geheet word hier.
Skryf asseblief en vertel iets van julleself.  Moenie sku wees nie, onthou ons was almal eers daar, nou kuier ons heerlik saam en ons wil graag hê dat julle ook saam kuier.
Wekom   :hello2: :hello2: :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Regtig?  20 Nuwe lede en niemand antwoord nie?  Ek wil graag weet hoekom wou julle geregistreer word! :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

Hallo Petra.  Hoe gaan dit met jou?
Kamp is koning!

PM

Goeie more Anton. Dit gaan sommer Hunkey Dory.  Wonder net wie kamp waar, wie spoel weg!
Ons woon nou in Annlin, Pretoria. 
Ons moes eintlik nou in Leeupoort kuier, maar die brue loop oor, die krag is af, dus geen internet nie. 
Iemand het die voorstel gemaak om
'n boot engin agter die kar te monteer, klink na 'n bakgat idee!
Waar is julle, wat doen julle.  Hoe gaan dit met jou forum.
Om te weet is om te verstaan.

Anton Louw

#4
Ons woon nog hier in Clubview en het ook lekker baie water gehad tussen al die laagwater brûe.    Woon jou seun nog hier?

Ek is nou 'n huis-pa en kyk voltyds na die tweeling babas.   

Kampforum loop darem nog soos stroop, alhoewel ons gesinnetjie maar baie minder toer en kamp sedert ons 6 geword het (-:
Kamp is koning!

PM

Gerhard het die besigheidsperseel verkoop.  Hy doen meer aanlynverkope.  Hy woon nou hier by ons in Annlin.  Ek het nog die huis in Valhalla, het dit in 'n komune omskep. Kom nog gereeld daar om probleme uit te sorteer.  Gerhard en Hannes sny nog hulle hare in Centurion. Dan gaan koop ons ook graag seekos daar by Basarutus.
Liewers jy as ek, ek sien nie kans vir twee op 'n keer nie.  Tip ek my hoed vir  jou.  :notworthy: 
Is dit seuntjies?
Leeupoort is as 'n rampgebied verklaar.  Al die brue het weggespoel en die paaie is in 'n baie slegte toestand.  Die krag was orals af vir dae aanmekaar.  Geen krag, geen waterpompe nie.  Al die opgaartenks  was leeg.  Miskien leer hulle 'n les hieruit en gebruik solar. Geen krag, geen opvangs! 
Hulle het toue gespan waaraan die mense kon deur die water loop om voorraad te kry.  Karre kan nog steeds nie deurkom nie en ek weet nie wanneer gaan die brue herstel word nie.  So, ons wag maar om te sien wanneer ons kan gaan.
Om te weet is om te verstaan.