• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die koppelteken as weglaatteken

Started by Anne-Lize, November 07, 2024, 05:55:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anne-Lize

Wanneer ons bv. in 'n sin sportgebied en kultuurgebied gebruik, kan ons die koppelteken as weglatingsteken gebruik en sport- en kultuurgebied skryf.
In die geval is albei woorde vas aan "gebied".

Maar ek wonder oor die volgende gevalle :

akademiese gebied en sportgebied Hoe sou ons dit skryf? "Akademiese gebied" is twee woorde en as die koppelteken direk langs "akademiese" staan, sal dit lyk asof "gebied" daaraan vasgeskryf moet word soos volg :

akademiese- en sportgebied

Moontlik kan mens dit omruil sodat "sport" die koppelteken kry: Sport- en akademiese gebied

Indien ons 2 uitdrukkings het wat albei los geskryf moet word maar dieselfde woord by het, hoe sou ons dit dan skryf met die koppelteken?

Ek sal dit baie waardeer as iemand vir my die taalreëls hiervoor duideliker kan maak en dalk nog 'n paar voorbeelde van ander moontlikhede ook gee?

Groete

PM

Hi daar Anne- Elize,
Ek is jammer dat ek nou eers jou inskrywing raaklees.

Ek sal my bes probeer om jou te antwoord en as daar iemand hier lees en 'n bydrae kan lewer sal ek dit waardeer.

Die ander woord daarvoor is woordweglating.  Indien jy navorsing doen kan jy dit gerus ook probeer.

Ek sou se 'n mens praat van akademie- en sportgebied.  Vir my sal dit ook werk: Sport- en akademiese gebied.
Nog voorbeelde: taal- en letterkunde, stoep- en tuinmeubels, gesins- en familielede, maand- en kwartaalstate.

  Onthou dat die weglaatteken gebruik word waar dele van woorde weggelaat word en die stuk woord wat oorbly, gemerk moet word. Volledige woorde wat uit sinne weggelaat word en nie 'n stuk van 'n woord agterlaat nie, word nie met 'n skryfteken gemerk nie, bv.:
  finansiële en sosiale probleme, maandelikse en kwartaallikse verslagdoening, mediese en huishoudelike versekering.
 
Ek hoop dit help 'n bietjie.  Nou wag ons net om te sien of hier 'n slim ou is wat kan help.
Om te weet is om te verstaan.