• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoendergereg in een bak

Started by PM, February 22, 2023, 08:44:05 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hoendergereg

Bestanddele

6 porsies bene-in, vel aan hoenderstukke.  Ek het boutjies en dytjies gebruik
Kosher sout en vars gemaalde peper 
2eetlepels  botter
1  Pak cremini sampioene gehalveer
3 groot  shallotte, gekerf   
2takkies seldery, gekerf
3huisies knoffel, fyn gedruk
3 eetlepes meel½ koppie droge wit wine.
Behou die melk waarin die kruie en die hoenderstukke in geweek het.
500 gr baba aartappeltjies, gehalveer
1bay leaf 
¼ koppie volroom

AANWYSINGS

Voorverhit die oond tot 325 g F 
Ek gebruik 'n halwe teelepel van elk, maar doen soos wat jy daarvan hou:
Maak 'n mengsel van Hoenderspesrye, Rosemarie, cumin, mosterdpoeier, gemmer, kaneel, tiemie, basil, oregano en paprika en smeer dit aan die hoenderstukke en laat staan vir 30 minute. 

Gooi genoeg melk oor om dit te bedek en laat staan vir nog 1 uur.
Druk die hoenderstukke droog met kombuispapier.

Smelt die botter in 'n pan en braai die hoenderstukke tot bruin.

Voeg die sampioene, shalotte en seldery by en roer van tyd tot tyd tot die sampioene bruin is. Voeg sout en peper na smaak by. 

Voeg die knoffel by en roer vir 'n minuut of so.

Meng die meel in die mengsel en roer deur.

Roer die wyn in, meng die melkmengsel waarin die hoender gerus het in.

Voeg die aartappeltjies by. 
Plaas in die oond en laat kook tot die aartappels sag is en die hoender deurgaar is.
Roer die volroom in, voeg nog sout en peper by indien nodig en bedien.


As jy nie 'n oond het nie, kan jy die gereg op 'n plaat laat prut tot dit gaar is. 
Jy kan ook wortelstukkies en uie byvoeg as jy die gereg 'n bietjie wil rek.

Geniet dit.
Om te weet is om te verstaan.