• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

rusplek in die kloof

Started by adele, May 04, 2022, 03:15:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ek gaan 'n rusplek soek
'n plek wat met stilte omhein is
en 'n kleur van warm vrede gee,
met kleurige serpe van sy
om oor my skouers te hang
wanneer ek 'n loflied sing

My huis vir die Here
kan enige iewers wees
enige elderse hoekie
waar ek wydheid gaan vind,
'n gewyde stilte se rus
onder 'n breë kameeldoringboom

Ek gaan in die kloof af stap
waar gemsbokke laatmiddag skuil
en sonstrale hoekige skadu's gooi,
stap tot by my stille rusplek
en my vreugde-gebed aan
daardie boom se hoogste tak ophang

©adéle theron
Mei 2022
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek lees hierdie woorde ... die laaste bydrae op die forum van ons geliefde matertjie  :crybaby2: