Author Topic: Gelofte....  (Read 1146 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Gelofte....
« on: December 16, 2021, 09:26:00 PM »
Boodskap 16 Desember 2021

Ek groet julle, vriende …

Dis Geloftedag. So het meeste van ons ouer garde daarmee grootgeword. Vandag is daar baie ander name daarvoor. En ander sieninge daar rondom. Maar wat elkeen ook voel oor die herdenking daarvan, die viering daarmee saam, is nie hier van belang om oor uit te brei nie.

Een feit wat egter nooit wegredeneer kán word nie, is dat ‘n groepie mense ‘n Gelofte aan God gemaak het. Hulle het dit ‘n paar dae namekaar herhaal. In hul soeke na hulp, soos vir die Israeliete van ouds, was dit hul enigste hoop en redding.

Daardie groepie mense het nie sommer lukraak uit die lug bymekaar gekom nie. Uit Frankryk en ook Engeland, het mense gevlug en hier aan die suidpunt van ons mooi land aan wal gekom. Hulle het uit hul lande van herkoms weggevlug, omdat hulle nie hul geloof in die Almagtige God kon verraai, kon aflê nie.

Is dit nie ook wat gebeur het ná Christus opgevaar het hemel toe, daarnatoe waar Hy, soos Hyself gesê het, vir ons gaan plek voorberei nie? Die Apostels was dus die eerste sendelinge. So ook die mense wat saam met hulle gegaan het, geleer het hoe om die Evangelie oor te vertel, gemeentes te stig, mekaar by te staan. Tog het die Evangelie oor die eeue heen, oor die wêreld versprei want kort-kort moes hulle vlug vanwaar hulle lewens bedreig is. Talle sendelinge is oor die eeue heen doodgemaak, omdat satan net gereedstaan om die verkondiging van die Evangelie, die oordra van geloof wat lei tot die Ewige Lewe saam met Christus by die Vader, dood te smoor.

En so, ter wille van mense hier wat nog nooit van God en die Bybel gehoor het nie, het God mense hiernatoe gelei. En hulle moes swaarkry om weer die binneland in te trek. En vandag kry ons swaar omdat ons nalaat, ja vergeet, om die Evangelie aan almal om ons, aan ons naaste te vertel. God se verordeninge en sy sendingopdragte, het nog nooit gestop nie.

So, of jy saamstem met Geloftedag en dit soos ‘n christelike Sondag wil deurbring, of andersins deel in die twispunte daar rondom, of dit net ignoreer, is ‘n saak waaroor jy met God kan gesels; nie ‘n saak tussen jou en watter politieke party ookal nie. Maar wat ons nooit uit die oog moet verloor nie, is dat ons op aarde is, om God se dissipels te wees. Ons moet gedurig die Evangelie oorvertel en mense na God toe lei. Maak nie saak wie ons is, of vir wie God as ons naaste in ons pad inlei nie.

Daarom, wees vandag rustig, en of jy tuis is, of met vakansie iewers kuier, of dalk werk, doen waarvoor God jou geroep het. Vra God se leiding en vertel iemand van Jesus. Vra dat Hy iemand op jou pad moet stuur met wie jy vandag nog, oor Hom kan gesels. En sê dankie vir die voorreg en genade om sy kind te kan wees, dat Hy jou red van die wêreld se sonde en satan se verleiding.

Groete en mooi dag verder. Totsiens.
adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gelofte....
« Reply #1 on: December 19, 2021, 09:39:37 AM »
Dankie vir die boodskappie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.