Author Topic: Onthoudae  (Read 1190 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Onthoudae
« on: November 23, 2021, 08:29:14 PM »
... toe ek klein was, was my verjaarsdag en kersfees die lekkerste onthoue in my jaar se dae ... later het ek geleer dat kersfees elke dag se Lof aan ons Heer moet wees ... en soos die jare aangestap het, het vreugde-onthoudae bygekom ... en nou dat my leefdae minder raak, is die jaar met te veel onthoudae gevul ... sommige nog vol vreugde, maar ander met trane gevul ... slegs vredepleisters daaroor geplak ... tog, nou loop my kleipotte oor van vergifnis en vrede...
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onthoudae
« Reply #1 on: November 28, 2021, 01:01:41 AM »
Skuus matertjie, my elkedag is so vol ek kom nie by alles uit nie.  Nou is ek hier!


Adele, ek wonder of ons nie nou almal op daardie stadium in ons lewe is nie. 


My verjaarsdag was nou my hardwerkdag en kersfees was bontstaandag.  "Never mind" die hele maand voor kersfees was bontstaandag.  (Let op na al die "wasse". )  Daar moes vrugtekoek gebak word (drie maande voor kersfees, sodat dit kon ryp word) en al die ander kleinkoekies en vrugteterte.   (Praat nie van al die blikke kleinkoekies wat gebak is vir geskenkies nie.)
Dan kom die slaaie aan die beurt.  Al daardie wat 'n mens drie dae voor die tyd moes maak.  (Koperpenniewortel-, driebone-, aartappel-, wortel- en beet- vormslaai. (In jellie) Maak sommer vla vir die roomys vir nagereg ook!)
Dan kom die vleise.  Tong, sult (braun) en ham.
Dan kan jy net kersfeesoggend die hoenders en skaapboud met gebakte aartappels in die oond druk.  'n Potjie boontjies met 'n skaaptjoppie in en lekker soet pampoen en jy is reg vir n feesmaal. 
Dit is soos 'n vriend van my gesê het: dit is nie wat jy eet tussen nuwejaar en kersfees nie, dit is wat jy eet tussen kersfees en nuwejaar wat vet maak. 


Hoe dit ookal sy,  dit was onthou dae.  Daardie dae toe my ouers nog geleef het, al my broers en skoonsusters en hulle kleingoed,  al my kinders en hulle gades en hulle kinders saam aan dieselfde tafel gesit het.  Nou is my kinders in die buiteland en ons is dikwels alleen.  Dan verlang ek na daardie dae toe ek moes bontstaan om almal om my tafel te hê!


Vandag onthou ek net daardie besige dae en ek verlang.  Nee, nie na die geswoeg en gesweet nie, maar na daardie samesyn om een tafel. 


Ek is mal oor jou vredepleisters!  Soms ervaar ek 'n geweldige verlange na my gisters, maar soos jy sê, 'n vredepleistertjie moet maar dien. 


En . . . sonder vergifnis is daar geen vrede nie. 



« Last Edit: November 28, 2021, 01:08:38 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.