Author Topic: Een twee drie blok myself  (Read 3788 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Een twee drie blok myself
« on: November 16, 2021, 11:25:23 AM »
Waar kruip julle weg?
Wat makeer?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Een twee drie blok myself
« Reply #1 on: November 16, 2021, 11:36:49 AM »
Gatvol om met myself te praat. Nie goeie geselskap nie


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een twee drie blok myself
« Reply #2 on: November 16, 2021, 11:49:14 AM »
Ag bollie!  Ek sit al die hele naweek en gister en vanoggend hier en soek 'n praatjie-maatjie en hier is niemand nie!
Ek was al bang dat ek op iemand se tone getrap het. :crybaby2:   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Een twee drie blok myself
« Reply #3 on: November 16, 2021, 12:00:39 PM »
Ek het opgegee omdat hier niemand wakker was nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Een twee drie blok myself
« Reply #4 on: November 16, 2021, 12:02:29 PM »
Besig ook met inpakkery so nie baie spraaksaam nie. As ek inloer en niemand het iets gesê nie loop ek maar weer.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een twee drie blok myself
« Reply #5 on: November 16, 2021, 12:07:00 PM »
Hierdie naweek hier in Leeupoort was dit bloedig warm.  Die kraaie het te warm gekry om te gaap.  Ons is besig met die laaste stuiptrekkings dan val ons weer in die pad terug huis toe. 
Hopenlik is dit nie so warm daar nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Een twee drie blok myself
« Reply #6 on: November 16, 2021, 07:58:57 PM »
Ons het eksterne audit, en die week is rof.
Saans moet ek my tweede werk gryp, so dis soms hot agter haar, en ver van n klop disselboom af..
Jammer julle lieflike mense... ek skeep liederlik af....

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een twee drie blok myself
« Reply #7 on: November 16, 2021, 08:54:29 PM »
Sodra ons net weet jy is besig en nie dikbek nie.  :nono:
'n Vriendinnetjie praat met Hannes. Sy het net vandag uit die hospitaal gekom na haar sesde keel operasie.  Bel haar asseblief en hoor hoe gaan dit! Ek bly maar so op die agtergrond.  Hy moet ook mos maar 'n spreukbeurt kry!
Later skakel sy en wil weet of ek kwaad is vir haar!  Hoe dan so! Jy het niks op dees aarde verkeerd gesoen nie, ek het maar net vir Pa (want dit is wat sy hom noem) 'n kansie gegee om alleen met jou te praat. 
Seg ek vir haar:  jy ken my mos, ek sal sommer gou my sê sê dan weet ons mos waar ons met mekaar staan.  Ons sorteer sommer die ou haakplekkies uit dan is ons baie beter vriende, want ons verstaan mekaar beter, nie waar nie?
Ek weet nie wat ek sonder my "optelkinders" sal doen nie.  Lief hulle almal 'n eend uit 'n dam uit!  :love7:

Om te weet is om te verstaan.