• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kakistokrosie

Started by Assie, November 14, 2021, 12:38:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Assie

Reeds meer as 1000 se kabels by transnet gesteel die jaar alleen.
Foto van Roodepoort stasie aangeheg.

:mumum:

PM

#1
Dit is hartroerendlik!  Die verval in ons land is astronomies.  Is dit nog ons land?
Om te weet is om te verstaan.

Assie


PM

Soos ons nou weer Leeupoort toe ry gaan ons deur Hammanskraal, die swart gemeenskap.  Julle wil nie weet hoe dit langs die paaie bestrooi is met gemors, plastieksakke, papiere, stukke beton, stukke vloerteels, noem dit maar op.  By Bela-bela lê die strate vol gemors, koeldrank- en bierbottels galore!
Toe ons by Raphuti kom, reg oorkant Leeupoort,  toe lyk dit weereens of 'n orkaan die plek getref het. 
Sies man! Sies!
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Cry the fucked up country.

Skuus maar geen beter manier om ANC kanker te beskryf nie.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Sniksniksnik.  :crybaby2: Lyk of dit een van die dae 'Asgatland' gaan wees.

PM

Hier in Pretoria en omgewing gaan dit maar woes wat vullisteryne aanbetref.  Die bouafval word geweeg en jy betaal om dit daar af te laai.  Hannes sê sy laaste sleepwavraggie het R150.00 gekos.  Nou vra jy hoekom mense hulle bou- en tuinafval sommer enige plek afgooi. 
As jy langs die R101 ry, oppad na Zwartkop gholfbaan, dan lê die bourommel die wêreld vol langs die pad. 
Raphuti se mense het nie 'n verskoning nie, ons vullisteryn is op dieselfde grond en dit is gratis om goed daar te gaan stort.  Leeupoort se mense het ook nie 'n verskoning nie, maar dikwels kry jy 'n hoop goed iewers in die bos afgelaai.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.