Author Topic: Oorgewig  (Read 6914 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Oorgewig
« on: November 14, 2021, 03:56:21 AM »
Die dame sê sy is nie oorgewig nie, sy het net haar middellyf geswik en sukkel nog om die swelling af te kry. 
Nou weet ek nie of sy beter daaraan toe is as ek nie.  Ek is te kort vir my gewig. 
Ek moet darem net bysê, ek is nie sooo kort dat ek nie die verskil tussen "piles" en keelseer ken nie.   :icon_biggrin:

« Last Edit: November 14, 2021, 03:58:21 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Oorgewig
« Reply #1 on: November 14, 2021, 06:19:38 AM »
Oupa sê vrouens moet ophou komkommer oor hul omtrekke. Gewig is 'n deug. In die somer soek hy skaduwee en in die winter wil hy warm slaap maar 'n sak vol bene rattle net as jy dit skud.
(rattle is nou een van daai ingelse woorde van Oom Naas en Oupa wat nie so lekker in Afrikaans vertaal nie.)

 :mumum:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Oorgewig
« Reply #2 on: November 14, 2021, 09:36:45 AM »
rattle (vir my) is rinkinkel...  net omdat dit vir my so mooi woord is...
hoe op aarde vertaal jy rinkinkel in enige ander taal? Nie moontlik nie... dis soos spookasem.... n spook se asem.... waaaaar kom candyfloss uit? nee ons taal IS NET WAARAGTIG die BESTE

PM wat is die regte betekenis van rinkinkel? pollemaai?

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Oorgewig
« Reply #3 on: November 14, 2021, 09:44:04 AM »
Rinkinkel klink vir my baie na daai goed wat ek en my vrou voor ons troue gedoen het.
Jy vra die regte vrae Antjie en jy is 100% reg. Afrikaans is die mooiste taal en ons kan heerlik speel met hom.
Pollemaai klink tog te fraai.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oorgewig
« Reply #4 on: November 14, 2021, 11:01:14 AM »
Wat my altyd opval oor rinkinkel is dat daar twee gee's kort.  Ringkingkel. 
Vir my het rinkinkel twee betekenisse. 


Een, ek hoor die rinkinkel in die wind wanneer die wind-klokkespel, of wind chimes, so rinkinkel in die wind.  Dit neem my siel op die wieke van die wind na my gelukkige plekkie, daar onder die wilgerboom by die waterstroompie. 


Twee, dit laat my dink aan "slampamper poespas geluide" soos by 'n kerkbasaar.  Poespas, 'n deurmekaarspul, of 'n gesaamdrom, of 'n gedrentel deur die gange van my eie gedagtenisse  gedagtes.


Van pollenaai het ek nog nooit gehoor nie.  Dit klink eerder na Naas se gerinkinkel. 
Om te weet is om te verstaan.