Author Topic: Forum upgrade  (Read 5995 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Forum upgrade
« on: November 11, 2021, 08:16:00 PM »
Ek weet hoekom Ta Raatjie en ek nie al die funksies van die forum kan access nie.
Ons gebruik verouderde weergawes van die forum. Die nuutste weergawe is 20.0.18.
Ek hardloop 20.0.15 en ek is seker daarvan Ta Raatjie s'n is nog ouer.
Die opsie om te upgrade by Moderate werk nie. Ek het dieper gaan krap maar verstaan nie 'n enkele woord van die prosedures om te upgrade nie.
Dit lyk asof mens die upgrades een een moet doen. Maw van 20.0.15 na 20. 0.16. As dit klaar is van 16 na 17 ens. Jy kan nie direk na 18 upgrade nie.
Maar soos ek sê, die instruksies is nie leekvriendelik nie.
Kan jy vir Jan Dink vra of hy iets kan skryf sodat ons net op 'n link klik en upgrades doen hulself?
Dis al hoe dit gaan werk. Ek kan vir Willa gaan kuier en hulp vra maar ek dink nie Ta Raaitjie gaan by Willa uitkom nie.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: November 11, 2021, 08:39:22 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Forum upgrade
« Reply #1 on: November 11, 2021, 10:19:39 PM »
Ek gaan sommer nou vir Jan Dink vra.  Ek verstaan daardie deel dat dit nie "leekvriendelik" is nie.  Ek het dieselfde ervaar. 
Sodra ek die antwoord kry sal ek kom verslag doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Forum upgrade
« Reply #2 on: November 11, 2021, 10:38:09 PM »
Ek was al skoon skaam omdat ons nie regkom nie julle  :angel4: Duisend dankies Naas, PM.  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Forum upgrade
« Reply #3 on: November 12, 2021, 03:18:12 AM »
Raaitjie, Hannes sê hy is BBC.  Born before computers.  Julle het nie nodig om skaam te voel nie, ek moet my skaam, want jy het al gesê jy kan nie foto's sien nie.   :color:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Forum upgrade
« Reply #4 on: November 12, 2021, 03:21:20 AM »

Jan Dink antwoord

Hallo Petra,

Almal gebruik dieselfde weergawe van die forum.  Dit is op die server installeer en nie op elke persoon se rekenaar nie.Dit is dalk moontlik dat party mense verouderde web browsers het, wat nie so lekker met al die forum funksiese werk nie.Ek kan die forum vir julle opgradeer na die nuutste weergawe.  Dit is dalk 'n goeie idee vir sekuriteit etc.
As die probleem is dat mense ou weergawes van browsers gebruik, of dalk heeltemal ou browsers soos Internet Explorere (wat niemand meer moet gebruik nie, behalwe as jy hou van moeilikhied en virusse... :-) ), dan gaan die forum opgradeer nie die probleem oplos nie,maar dis nog steeds 'n goeie idee om die forum op te gradeer.
Groete
« Last Edit: November 12, 2021, 03:23:37 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Forum upgrade
« Reply #5 on: November 12, 2021, 03:24:54 AM »
Ek gebruik Google Chrome. Nie idee wat die verskil is nie  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Forum upgrade
« Reply #6 on: November 12, 2021, 03:25:57 AM »
Ek het ook Google Chrome Raatjie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Forum upgrade
« Reply #7 on: November 12, 2021, 03:30:19 AM »
Saak nie maak hoe ons sokkel, vir nou kan ons gelukkig nog saam kuier: PM ons kuier 'n holte uit 'n gat.  Dit lyk so in ons forumtaal -  'n 0 uit 'n 0.

 :bootyshake: :notworthy: :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Forum upgrade
« Reply #8 on: November 12, 2021, 03:37:36 AM »
Kom ons kyk of dit 'n verskil sal maak as Jan Dink die forum opgradeer. 
Gister toe ek so sit en opsommings maak, besef ek hoeveel keer dit gebeur het dat die hoofdoel van die forum verskuif het.  Vandag is dit om lekker saam te kuier en more swoeg en sweet ons weer aan 'n nuwe opdrag.
Dat ons liefde vir ons taal op die voorgrond is, is nie te betwis nie.   :love7:


Verseker kuier ons 'n 0 uit 'n 0.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Forum upgrade
« Reply #9 on: November 12, 2021, 06:25:44 AM »
Oupa sê dit lyk vir hom Jan dink het 'antwoord vir al die oplossings...
 :mumum: