• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die "grammephone".

Started by PM, November 10, 2021, 08:30:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Lag ek en Hannes te heerlik oor die outydse grammefoon.  Daardie draaitafel wat met 'n slinger gewerk het.  Die naaltjie aan die end van die beul. 
As die ding pap raak dan maak hy whaaw  whaaw  en as jy dit opwen dan maak dit whaw whaw whaw.  (Iemand anders kan dit dalk beter beskryf.)"His masters voice" grammefoon.  Daardie met die groot skottelkop en die draai beultjie.  Wens altyd ek kon so een kry, maar dit is net te duur vir my. 
Ek soek nou 'n draaitafel om my nuwe plate mee te speel.  Jitte, wil sommer vasval in ou gewoontes.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Skoon opgewonde vir jou part PM. Sal graag self so grammephone wil besit. Ons sien gereeld by stalletjies en ook advertensies langs die pad van mense wat hulle ou langspeelplate verkwansel. Dit haal nogal goeie pryse hoor.

PM

Nog nie Naas.  Ek is  nie haastig nie, moet nog eers 'n draaitafel kry.  Sal dalk een by 'n pantjieswinkel kry.


Raaitjie, hier sien jy dit dat restaurante langspeelplate gebruik vir plekmatjies, of dit ophang vir dekorasie. 
Ek en Hannes praat dikwels oor die outyd, sy dinge en sy mense.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

Ek is versot op sulke oudhede... ek het dose vol ou plate wat ek troetel soos goud.
Wens ek kan n regte grammeffon tafel kry. Ons het so een gehad in n hout kas, met draadloos en al.
My Springbok versameling, Jim Reeves, Ge Korsten,  Die Kanaries, Vicky du Preez, Die Briels en Boere oorkeste... mannnnn

Assie

Incredible Connections verkoop platespelers wat met laptop kan koppel om musiek as data op te neem.
Weet nie wat dit kos nie.

:mumum:

PM

Wat jy sê Assie, is dat ek een van daai  kan koop, die data opneem en die plate weer verkoop?
'n Vriend van my is skeef snaaks mal oor ougoed.  Antieks, jy weet?   :icon_biggrin:
Hy bied my R500 vir die plate aan, maar ek hou voet by stuk.  Dit is  MYNE en die hond maak vir my rosyne, maar dit bly nog  MYNE!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai