• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sterkte vir ons forum-ouers

Started by Meraai vannie Baai, November 05, 2021, 04:35:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Glo dat ek namens ons almal hier skryf: Liefste PM en Hannes, ons vertrou dat hierdie deel van julle pad spoedig net 'n memorie gaan wees. Dat die herstel spoedig en volkome sal wees. Dat die 'versteekstertjie' met ekstra kraggies geseen sal word om die versorging tuis te kan waarneem en baie ondersteuning sal vind waar nodig.  In die gees vou ons julle toe met omgee en liefde.
:love7:

PM

Hartlik dankie lief matertjies.  Ek is vol vertroue dat alles goed sal afloop.  Sodra ek nuus het deel ek dit met julle. 


Ek het so 'n hol kol op my maag.  Hannes het gister 'n swelsel op sy linkervoet (die linkerheup word gedoen) ontwikkel.  Dit lyk soos gout.  Dit is nie stukkend nie, maar rooi van inflamasie.  Ek hoop nie hulle stuur hom terug nie, want jy mag mos geen seer plekke aan die been hĂȘ waar die heupvervanging moet plaasvind nie.


Ek het die spreekkamer gister geskakel en is aangesĂȘ om hom baie water te voer.  Ek het ys opgesit en voltaren aangesmeer. 
Hy het mos die maagvirus gehad en ek het hom baie energade gevoer teen ontwatering, nou wonder ek of ek die oorsaak is?
Om te weet is om te verstaan.