Author Topic: Bedelaar swendelaar  (Read 2255 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Bedelaar swendelaar
« on: November 05, 2021, 03:58:52 AM »
Ek is harteloos, sielloos. 
Vandag, weer en weer, sien ek 'n vrou op die hoek by die robot, die een handjie waai soos Queen Elizabeth wat die skare toewuif, die ander hou 'n  sambreel vas.   
Voor haar voete lê 'n amper tweejarige en slaap,  op haar rug 'n "baby" van seker so agt maande oud.  Die son is warm, die sambreel se skadu val nie ver nie. 
Hoe kan jy, hoe kan jy dit doen! sonder werk, sonder geld?  Hoeveel kinders het jy nog by die huis?
Eish! 


Op die volgende hoek staan 'n blanke man.  Hy is vuil, hande is swart,  verwaarloos, hou sy hand uit vir 'n geldjie, maar uit die hoek van sy mond hang 'n sigaret!  Skuus?  Wil jy my hardverdiende geld hê om sigarette te koop?  Voertsek man, voertsek!  Dit is pure slegtigheid.  'n Mens kan jou hande gaan was by enige vulstasie, of in 'n winkelsentrum.  Daardie vuil swart hande is net bedoel om mense se simpatie te wek.  Siesa man, siesa!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #1 on: November 05, 2021, 04:05:20 AM »
My takies afgehandel en ek neem 'n welkome breek. Natuurlik kry die forum ook 'n beurt. PM, ek verstaan ten volle hoekom jy so siesa-reageer het op die blanke man se bedel. Hier by ons staan ou gryskopmanne (meestal voor die voet blank) langs die pad saam die ander padwerkers. Deur storms en Outback son. Al swaai hy net die ry-stop-bord, maar hy verdien dollars. Goeie dollars! Daar is so skaarste aan vrugte- en groenteplukkers dit is net nie waar nie. Maar dit is makliker om bakhand by die staat te staan en op 'dole' te gaan. Hoekom wil jy werk as jy verniet geldjie kan kry? Jy kan net raai WAT word gekoop met daardie dollars.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #2 on: November 05, 2021, 04:11:24 AM »
As ek die regering was het ek elke bedelaar op 'n hoek gevat, hom/haar betaal om papiere op te tel en dit onwettig maak om te staan en bedel.  Ek sê mos ek is harteloos, maar regtig? 
En daardie "dame"?  As sy staan dan bedel sy, as sy lê dan stekel sy!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #3 on: November 05, 2021, 04:13:00 AM »
Stekel en teel .... wie gaan kom aanvul?  Ons mos hoekal lanklaas saamgegriffel aan iets :angel4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #4 on: November 05, 2021, 04:21:56 AM »
Staan en steel, lê en teel. 
Hannes sê hulle doen dit net vir die "grant".  Hulle sal my baie meer as dit moet betaal!
Jy weet, wat my die kwaadste maak is dat daar geen toekoms vir daardie kinders is nie.  Hulle sal self bedelaars word, want waar kom skoolgeld en skoolklere vandaan? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #5 on: November 05, 2021, 04:31:15 AM »
Hier by ons is dit nogals 'n aardige bedraggie wat die ouens ontvang met die koms van 'n nuwe baba. Daar is ironies gespot as die maatjies kom speel en Meisiekind wat toe nog by die skool van kabouters betrokke was hulle voorstel aan my na die outjies begin speel het. Sy sou dan noem dat dit nommer so en so is (nuwe sitkamerstel) Dan kom no so en so en dit is die nuwe groot TV, nuwe kombuis ens.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #6 on: November 05, 2021, 04:36:03 AM »
Toe ons in Swede was, was dit ook so.  Daardie vrouens kry elke maand 'n toelaag vir elke kind.  Nie 'n bietjie nie hoor!
Ek kon dit verstaan, want dit is 'n klein landjie met min bevolking. 
Ek verstaan nie hoekom lande wat al klaar oorvloedig vol is sulke maatreels instel nie.  As ons nou sukkel met werkloosheid, hoe gaan dit wees oor nog tien jaar en 'n paar miljoen bekkies ekstra wat gevoed moet word?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #7 on: November 05, 2021, 06:56:16 AM »
Ons moenie die skuld op die regering pak nie. Dis daai vrou voor jou met die blink BMW wat R10 deur die ruit waai. Sy betaal daai bedelaar om daar te staan. En solank dit pap reen gaan hy skep.
Ek weet vir 'n feit dat hierdie Jannie jammergatte by die robots op 'n slegte dag R200 verdien. Goeie dae tot R2000. Belastingvry.
Ek sukkel en werk my G. A. T. -sofie af elke maand om my aftrekkings van R1700 te dek.
Gelukkig gaan ek nou groot geld spaar op kos.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #8 on: November 05, 2021, 07:00:55 AM »
Dit is die mentaliteit van die mens.  Gee 'n geldjie en sus jou gewete.  My gewete wil niks weet nie.  :mumum:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #9 on: November 05, 2021, 01:02:23 PM »
Niks fout PM.... dis nie eers harteloos nie.
Hier in ons dorp is daar mos grootliks industrie omdat dit n industriele hawe dorp is. Nie vissers nie, maar reuse vragskepe met in en uitvoere.
So die reuse soos Mondi ensovoorts het gereeld "shuts" - slegte hoesie, en dan stroom die mense van oral in omdat hulle ambag het en goed geld verdien, en so bly hulle en wie jy eens met n rugsak die dorp sien inkom het, verander in n man in die 45 grade son by n robot.

Dis werklik n probleem, en dis nie lank nie of hy raak verslaaf aan die nigeriers se kwak. Dan kom staan die stukkend verbande vrou of hy en bedel, en dan kry jy die mense wat dink dit gaan hulle help, en daai mense hou hulle op straat. Naas is reg.

Ek weet van seuns wat n werk aangebied is, en nog het hulle 2 weke later weer strate toe gegaan.
Die ma met die kinders rapporteer ek aan die welsyn. Daardie arme kinders.... of die straat gaan hulle verkrag of die sisteem... watter verkragting is ligter? Die een waar die vernedering van mense se rassehaat op jou spoeg, of die een in n gebou vol wellustiges.
Dit ruk my hart uit... Maar opstraat kan hulle nie wees nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bedelaar swendelaar
« Reply #10 on: November 05, 2021, 01:36:51 PM »
Djarre gelede het ek ook gegee.  Toe vat Hannes my om die hoek waar die bottelstoor is en gaan wys my waar is my bydrae heen.  Toe koop ek liewers 'n brood.  Toe sien ek die ou verkoop die R10 00 brood vir R5 00!  Nee wat, los maar!   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.