Author Topic: Malle geskarrel in die pandok  (Read 3520 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Malle geskarrel in die pandok
« on: October 27, 2021, 07:12:32 AM »
Ek kom blosend alweer verskoning maak. Die uwe het my studies gruwelik afgeskeep vandat ons die forum weer  met 'n  hupstootjie aan die brand stoot. Moet my nie verkeerd verstaan hoor, ek geniet die saamkuier! Maar die ouvrou sal haar danspassies moet ken om in te haal voor die sperdatum :icon_bigsmurf:
Die kroon op die geharwar is natuurlik ons klein cowboy wat van Vrydag tot Sondagaand by ouma en oupa kom kuier terwyl sy ouers 'n welverdiende breek neem. Ek moet stad toe sodat daar voorsiening gemaak kan word vir sy spesiale eetplan. Hy het 'n erge gluten-, suiwel- en graan-allergie. Ouma moet al die versoekinge ook verwyder voor hy kom. So as ek stil raak, geen rede tot kommer. Hou die blinkkant bo.
 :love7: :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Malle geskarrel in die pandok
« Reply #1 on: October 27, 2021, 02:32:34 PM »
Voorspoed Lief Matertjie, hier gaan dit net so dol.  Nou moet ek net gou my bloeddrukpille gaan haal, dan is ek weer later terug.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.