Author Topic: Ek werk aan 'n gedig  (Read 3484 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek werk aan 'n gedig
« on: October 25, 2021, 03:51:28 PM »
Iemand het gevra vir inligting oor die gedig   Die Nar.  Ek soek nou rond, grou en graaf en sal kom deel sodra ek klaar is, maar dit gaan laaaaank vat. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Ek werk aan 'n gedig
« Reply #1 on: October 25, 2021, 03:59:33 PM »
Wie het die gedig geskryf?

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek werk aan 'n gedig
« Reply #2 on: October 25, 2021, 04:18:31 PM »
SJ Pretorius


Dit is baie interressant Assie.  Ek sal 'n bespreking oopmaak dan kan ons almal daar komtaar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek werk aan 'n gedig
« Reply #3 on: October 25, 2021, 04:38:31 PM »
Die Hanswors (deur S.J. Pretorius):

Oor sy afsigtelike boggel,
en kromheid, het hul hom gekoggel,
en bitterder was hul venyn
as sy vergroeide ruggraatpyn.

Tussen die diere in 'n hoek
het hy die eensaamheid gesoek:
"Met klere wat gedurig gaar is,
wat doen die vent met sy salaris?"

Hy't maandeliks by die poskantoor
'n brief gepos of een gelees
by die dierkratte, oor en oor:
"Sou daar tog erens iemand wees?"

En daardie ewige reuk van drank:
nie een sou huil as hy bedank,
maar waar hy in die sirkustent
aapagtig teen die firmament,
hoog teen die takelwerk, kon klouter,
die dood uittart, en klein kabouter,
sy duiwelstreke uithaal onder
dat almal skater vir die wonder,
is hy, hoeseer verag, verlate,
nog deur die baas beskou as bate.

Toe het 'n brief gekom eendag...
Hy't oor die bed gebuk, verblind,
terwyl 'n boggelvroutjie, sag,
sterwend fluister:"Dankie my kind..."

 "Die Hanswors" deur S.J. Pretorius
"Die hanswors" is 'n verhalende gedig wat die storie van 'n hanswors-akrobaat met 'n boggelrug vertel. Misvormde of gebreklike mense is dikwels as hansworse ('n nar of harlekyn) in sirkusse gebruik. Die doel daarmee was sodat mense vir hulle misvormdheid kan lag en beter oor hulleself kon voel. Hierdie hansworse was dikwels uitgeworpenes wat nie deur die samelewing aanvaar is nie. Hoewel hulle daarvoor betaal is, het die spottery diep emosionele skare op julle gelaat.

Hier volg so 'n vinnige ontleding:

Die gedig het 5 strofes met 26 reëls:
* 4 is kwatryne +
* 1 strofe met 10 versreëls.

Verskillende rymskemas word gebruik:
* Strofe 3 en 5 gebruik kruisrym (abab);
* die res is paarrym (aabb).

Let op hoe die gedig leestekens gebruik:
* Dubbelpunt: Verduideliking volg.
* Ellips: Laat jou gedagtes gaan.
* Aanhalingstekens: Direkte rede (stories het direkte rede)
* Komma: Tussen 2 kommas, inlassin. Gee meer inligting.

Kontraste is volop:
* die mense se spot teenoor die hanswors se pyn;
* misvorming vs. sy behendigheid in die sirkustent;
* diere aanvaar hom, maar nie mense nie;
* hy word gehaat en vermy, maar is 'n aanwins vir die sirkus.

Dit bevat 'n retoriese vraag: "Met klere wat gedurig gaar is, wat doen die vent met sy salaris?"

Teen die einde word dit duidelik dat hy briewe met sy ma gewissel het, en moontlik sy geld aan haar gestuur het (die boggelvroutjie - let op die verkleining). Sy ma het dieselfde gebrek as hy gehad en op sterwe gelê. Sy was die enigste persoon wat werklik lief was vir hom. Sy oë was met trane "verblind".

Inligting op internet verkry. Skrywer onbekend.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek werk aan 'n gedig
« Reply #4 on: October 25, 2021, 04:50:11 PM »
Dankie Naas, my opvangs is nag en ek sukkel al "ure" om die inligting te pos.  Jy sal sien ek het uiteindelik 'n ander skakel oop gemaak waar ons kan gesels.
Om te weet is om te verstaan.