• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tweedehaandse hospitaalbed gesoek

Started by PM, October 23, 2021, 05:03:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Kan ek dalk een iewers koop of kan 'n mens dit iewers huur?
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Jong ek het ook begin loer vir Omatjie, nou nie 'n hospitaal bed nie, maar 'n loopring. Of 'n rolstoel. Maar dan dink ek sy dans en loop nog goed. Sy kan net nie meer so ver loop nie. Dalk kan ek dit saam vat en as sy moeg word haar terug help.

Ek weet nie.  :dontknow:

O ek het op Gomboom gesoek. Kyk bietjie daar of by Gesigsboekie. Kan dalk ook help.

:angel12:

PM

Dankie matertjie, ek het probeer maar tot dusver niks.
Daardie looprame met die sitplek help regtig baie.  Jy weet mos dat ons nie sommer maar net enige plek kan gaan sit nie, covid jy weet? dan is dit te sê as jy iewers 'n sitplekkie kan kry!
Met my vet gat en my vergrote hart sukkel ek deesdae om inkopies te doen of ver te loop.  Daardie loopraam is uitstekend.  Ek het myne ook op FB se "marketplace" gekoop.  Wanneer jy moeg word gaan sit jy so 'n bietjie. 
Probeer dit gerus. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek kan nie help met bed nir maar Trappies praat met my as jy loopring of so iets begin soek.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#4
My skoonsus is ook mos "hoog in die medies" en sy sê ook dat 'n hospitaalbed maar 'n skaars item is.  Ons praat nou van 'n tweede handse een, want 'n nuwe een is redelik beskikbaar maar ook "redelik" duur. 
Dit is ongelooflik wat 'n mens betaal vir mediese hulpmiddels. 
Ek probeer om een van daardie toilet verlengings, die een met die "bene en handvatsels" te kry, maar dit is ook net so skaars. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

PM, ek weet nou nie hoe duur die goete by julle is nie maar dit kan dalk vir julle albei 'n goeie belegging wees om 'n herstelbare bed permanent te kry. Ek dink spesifiek aan jou eie probleem met vergrote hart ens. En nou met Hannes se heupvervanging veral. Ons bed is twee enkelbeddens wat langs mekaar is. Ek kan glad nie plat slaap nie en Outop se heupe hou nie as hy so gelig slaap nie.

PM

As jy van die bed praat wat kan oplig en jou liggaamsvorm aanneem dan praat ons van R110 000.  Hulle adverteer dir vir R40 000, maar as jy by die werklike prys kom is dit veel duurder.  Ek het ook verneem dat die meganisme nie lank hou nie en nadiens is pateties. 
Ons wil later vandag na die Hospice in Centurion ry om daar te gaan kyk.  'n Mens kan die beddens ook huur.  Ek glo nie ons sal dit vir langer as 'n maand na ses weke nodig hê nie.  Navorsing sal die antwoord gee.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Dankie Raaitjie, ek sal kom verslag doen.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Daar kry ek toe 'n bed by OLX en ek betaal 'n hele R5000 saam met aflewering by die huis. 
Daar was ses opsies, maar niemand het my terug gebel nie behalwe hierdie een ou. 
My skoonsuster is mos "hoog op in die medies" maar het ook maar onder begin.  Sy kom kyk toe en wil haar dood lag.  Net so 40 jaar oud, sê sy, dit is nog die model waarop sy geleer het.   :icon_biggrin:   Dit kort net 'n diens, die olie jy sien? en dan 'n nuwe matras dan is ons gestel. 
Sy het sommer gou gereel vir 'n matras en die ou wat dit bring sal sommer die diens ook doen. 
Daar kry ons toe sommer 'n eerstehandse les in hoe om al die funksies toe te pas. 
Sy help toe vir ons om die hele oefening van in en uit die bed te kom, toe te pas en sal elke dag kom kyk of ons regkom. 
Ek tel elke dag my seeninge om sulke wonderlike mense in my lewe te hê. 



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

So verlig vir julle part. Mens kan nie glo hoe so 'n mediese ingryping jou hele leefwyse verander in 'n ommesientjie nie. Genadiglik het julle vooraf 'n goeie idee gehad met die hulp van skoonsus. Silwer randjie in die stormwolke gewis.

PM

Sy is regtig 'n ster en help altyd met alles.  Dit is mos stemdag vandag hier by ons.  Toe ek sê die apteke sal seker toe wees glip sy hier uit en is gou terug met salf vir die seertjies en room vir die "droogte".
Raaitjie, ek glo tog 'n mens is 'n bietjie liewer vir die wat altyd daar is om jou by te staan.  En sy doen hoor, in alles, nie net in nood nie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.