• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

5/4/5 Ironiese Verse/Woorde

Started by Meraai vannie Baai, October 21, 2021, 07:55:47 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die as van verlang
na dit wat was
nog lank nie geblus

van diep diep binne
skroei vlam se gloed
in 'n grou verset

sterf die rouproses
iewers, êrens
tussen nou en nooit

Rou is 'n belangrike proses van heling, ook vir diegene wat opnuut streef na 'n nuwe normaal en is die vredemaak met wat was, ironies ook 'n rouproses, soms in sirkelgang...

© Meraai vannie baai









Naas

Ware woorde so mooi gerangskik en vertoon.
Ek moet ook die een probreer.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

My plek geboek Naas! So opgewonde oor wat jy gaan skep. Nou eers gou vir Outop laat lees. As hy verstaan, weet ek dat dit nie te 'dig' is nie  :icon_bigsmurf:

PM

Baie mooi geskryf en dit is beslis nie te "dig" nie.  As ek verstaan (oeps ek hoop ek verstaan reg) dan verstaan almal dit.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Dankbare ek diekant PM. Vanoggend hol my gedagtes in staccato, woord vir woord. Na te veel jare van 'living with the unknown' gaan ek beslis nie met die nuwe verwikkelinge die volgende dekade (touch wood) ook terugverlang na wat was nie. Vanoggend het meraai die spinnerakke ontleed, opgesom en die slotsom: 'lewensveranderd.' Opsomming, lettergrepig met 5/4/5 verwoord:

Spinnekoprakke:
opgedonsde
oriëntasie

kommunikasie:
kognitiewe
meetinstrumente

kategorieë:
psigologies
geëvalueer

identifiseer:
denkvermoë
georiënteerd

geasseseerde
realiteit:
lewensveranderd.

© Meraai vannie baai

:headbang: :angel4: Die ene gaan Outop nie onder oge kry nie... sal sy arkadiese ritme heel versteur.

Assie

Halusinasies
Aanraakgesien
Onwerklikhede

Onwerklikhede
Aanraakgesien
Halusinasies

:mumum:

Meraai vannie Baai

In vervoering oor die spieëlbeeldkringloop wat jy hier geskep het Assie! Ek het laaaaaank net gesit en staar. Stom oor die grootse talent, midde ons geliefde kringetjie. "Aanraakgesien" hierdie woord beskryf presies hoe eg die onwerklike is, ek kon nog nooit daarin slaag om dit so duidelik oor te dra nie. Ek het opgegee om aan my vriendin te beduie dat ek NIE droom NIE. Skies ek skrou soos spiritshulp  :icon_bigsmurf:



PM

Goed gedoen Assie, Raaitjie, julle skryf uitmuntend. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie vir mooi woorde PM! Ek glo jy sal sodra die geharwar tuis weer rustig word, jou verse vir ons bring.  :love7:

PM

Ek buig net die knieg voor die groot meesters.  Dit sal baie verwaand wees van my om te dink ek kan by julle kers vashou.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.