• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Handvol Gruis

Started by Meraai vannie Baai, October 21, 2021, 01:45:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Versamelde gedigte (1980)–C. Louis Leipoldt

'n Handvol gruis uit die Hantam -
My liewe, lekker Hantam-wyk!
'n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister, en nou is ek ryk.

Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeër jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
'n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk -

Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeër tyd
Toe die Hantam-wêreld al die wêreld
Vir my was in die vroeër tyd.
'n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk -
Waboom-blare, ghnarrabos-blare -
Arm eergister en nou skatryk!

Vir die ou wat wil saamtokkel:
https://chordify.net/chords/gert-vlok-nel-n-hand-vol-gruis-peter-laarakker
*van hier kan jy kies watter instrument jy saam wil tokkel: GUITAR UKULELE PIANO

Luister na Gert Vlok Nel se vertolking:
https://www.youtube.com/watch?v=9Yq8-XsLo08

Bederf jouself met hierdie vertolking van Elvis Blue:
https://www.youtube.com/watch?v=uCMZKQh84Po

Naas

Mooi herrineringe. Moes die gedig leer vir skoolprojek.
Ek bevraagteken daai 1980 datum. Het klaargemaak met skool in 1976.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#2
Hoekom hy daar is, wis ek wraggies nie Naas. So weggedra, so ek pleit bewusteloos  :icon_biggrin:
Gou gaan grawe na waar ek die skakel gekry het: https://www.dbnl.org/tekst/leip001vers01_01/leip001vers01_01_0182.php
dus heel moontlik toe opgeneem in die versamelde gedigte?

Naas

Ek verstaan so.
Louis Leipoldt (1880 – 1947)
Erens in daai tyd geskrywe.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

'n Pragtige gedig wat 'n mens wil sing. 
Hulle is net een uit Naas, 'n 8, nie 'n 9 nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek glo die gedig is vroeg in die 1900's geskryf. Dis bietjie te volwasse vir 'n 20 jarige en hy was 20 in 1900.

Sal bietjie gaan soek en kyk of ek die grdig se barenstyd kan vasstel.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

28 Desember 1900 was hy 20.
Maar google weet nie wanneer hy sy hande vol gruis gemaak het in die hantam nie.

Dis 'n grys area.

:mumum:

Meraai vannie Baai

#7
Assie ek is geneig om saam met jou te stem. Ek het gister heerlik saamgetokkel op die klawers en snare; toe ek die verskeie weergawes met Outop deel het sy voete saam ritme op tyd gehou en hy's nie eintlik 'n ritmiese wese nie, net tussen ons - ek het hom gediagnoseer as '*ritmies-wees' . Toe ons nog gedans het, het ek sy hand gedruk vir elke eerste maat van die beat :icon_biggrin:
*Sy sin vir ritme tragies met geboorte beswyk.

Sondiglik begin ek 'n elegie skryf vir Outop se afgestorwe ritme en ontdek die antwoord op Naas se bedenkinge oor die 1980 in die titel van Leipoldt se gedig toe ek die voorgeskrewe reëls van 'n kerhofgedig wou navors:

Ondanks die feit dat die terme "grafdigter" en "kerkhofpoësie" nie dikwels in akademiese gesprekke oor die Afrikaanse poësie voorkom nie, is daar tog 'n paar Afrikaanse digters wat hierdie digvorm beoefen – dikwels op 'n vernuwende wyse, wat gelyktydig aansluit by en verskil van die tradisionele (Britse) kerkhofgedig. Voorbeelde hiervan is C. Louis Leipoldt se gedig "Op die kerkhof" uit sy Versamelde gedigte (1980)

Assie

Wanneer pleeg mens 'n kerkhofgedig? Is dit' n epitaaf?
Deesdae word mense eerder verbrand as begraaf. Is hulle grafskrifte nou 'n epirand en hul finale rusplek 'n asplaas?

Wonder maar net.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Goeie vraag Assie. Dalk sal jou oom Naas weet. Sal moet wag en kyk of ons antwoord kry. Ek het darem probeer om iewers 'n voorbeeld te plaas. Moet nie vra waar. Ek was orveral die forum vandag, stoksielalleen gespook.

Naas

#10
Daai klink vir my reg. Maar terwyl ons nou so diep raak...
Kom ons se Assie raak moeg vir my en pleeg my einde met 'n geroeste dolk. Nou weet ek as ek opgaan kry ek mos nou 'n nuwe skoon liggaam. Maar kom ons gestel ek daal in die donkerte af na die ander plek. Gaan ek dan nou daar vrek van klem in die kaak.
Assie, onthou jy die storie van klem innie kaak?

:mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Plek geboek. Sal moet terugkom. Diekant is ek besig met aandete voorberei en julle dag pronk rooihakskeen.

Assie

Ja.
Dit was Ta wat weer een oggend oordiekopgemoermettebotteloomtassies hier aangekom het en toe opsluit vir Oupa vertel hy wil nou homself gaan opleer tot hy 'n dokter is. Dis nou solat hy 'n pil teen die bottelslaanoggendsiek kan uitdink.
Oupa sê hy sal vir sy studies betaal as hy wat Ta is vir hom kan verduidelik wat klemindiekaak is.
Oubaas sien, toe Ta nog 'n jong Ta was voor hy 'n ou Ta geword het, daai tyd het hy mos die skape daar by Baas Vreksuinig van Amperbankrot opgepas.
Nou een oggend vroeg Ta hoor die lawaai by die skape. Ek gaan kyk hom wat gaan aan. Ek sien daai lou hy gebakruip die skape. Ek skrik en skrou VOERTSEK JOU LANGHAARSKAAPSKOLLIEGEMORS. Nou daai lou hy vererg hom vir Ta oorlat Ta hom so gebeledig het en hy storm vir Ta. Plaas hy maar 'n skape vang.
Ek wat Ta is weet hie kom groot moeilikheidse met 'n pruik op. Toe ek hol vir die naaste boom en en klem en die kaak en ek klem in die kaak.
Daai lou hy staan onder die boom en die kaak en hy vervies hom vir die gemors en daar gaan hy veld in.
So Ta se klem in die kaak het die skapies gered daai dag.

:mumum:

PM

Mag die lieven heer die ou behoed wat by Ta uitkom. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Voel sommer beter oor ons opgenosterde naweek  :toothy4: