• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die frekwensie maak my doof

Started by PM, October 20, 2021, 09:03:32 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek hoor baie moeilik in 'n lawaai.  Daar doer onder die boom sit hulle van my en skinder en ek hoor elke woord, maar hier waar almal sit en gesels en die musiek speel in die agtergrond hoor ek nie 'n woord nie.  DIT is hoekom ek sê musiek hoort nie op die agtergrond in 'n geselskap nie.  Dit irriteer die wit waks uit my uit, ek is sommer lus en haal my storieboek uit en lees dit in die geselskap.  :violent1:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek kan harde musiek glad nie hanteer en Outop se ore laat hom weens fabrieksdoofheid ook in die steek wanneer almal gelyk praat. Mens voel jy wil jou ore toedruk of weghol. Soms help dit wanneer ander jou ore van jou kop af praat om maar jou eie aandag af te trek deur skelm op jou tablet/foon te loer. Ek het juis so paar oulike aanlynboeke op my pilletjie aka tablet.

Naas

As julle nie so duidelik geskryf het nie sou ek julle glad nie kon hoor nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is ook maar net omdat jy wil hoor hoor.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Oupa sê daar is niemand so doof soos die een wat nie wil hoor wat hy nie wil hoor nie. Selfs die elektriese oorluis luister nie as die oor nie wil hoor nie.

:mumum:

PM

Daardie oupa van jou moet 'n medalje kry.  My ouma het altoos gesê dat daar 'n mêrske verskil tussen hoor en luister is.  Ek kon natuurlik nog nooit die kloutjie by die oor kry nie.  Hoe de hel kan jy hoor maar jy kan nie luister nie! 
"Jannie gaan haal asseblief my bril op die bedkassie."  Jannie moet kan hoor om te luister? Vertel tog vir my waar het ek die bus gemis?
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ta PM is reg, jy moet kan hoor om te kan luister maar jy hoef nie noodwendig te luister as jy gehoor het nie.
Luister het meer as een betekenis.
Ek kan luister of daar geluide is as ek vermoed daar is inbrekers buite. (soos daai donner by oom Naas) maar as hy nie geluide maak nie gaan ek niks hoor nie al luister ek.
Dan kan 'n kind ook hoor as sy pa hom maniere leer. Maar as hy nie die maniere toepas wat sy pa hom geleer het nie het hy dit gehoor maar nie geluister nie.
Dis dan wanneer sy ore in sy gat sit want dan hoor hy met die planthand op sy gat tot hy luister.

:mumum:

Naas

Om te hoor is 'n sintuig. Om te luister is 'n besluit.

:mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Luister, luister wie daar fluister... watter gedig was dit nou weer julle?  :crybaby2:

PM

#9

Is dit hierdie een Raaitjie?
https://www.songtradr.com/songs/marthie-nel-hauptfleisch/luister-luister-wie-daar-fluister

Feëklokkies
Luister luister wie daar fluister in die stille nag
Soetjies  Soetjies ligte voetjies kom die feëtjies sag
Laggies laggies saggies saggies
Dans hu

Trippe trappe trippe trappe ons het baie pret
Knypies grypies knypies grypies knip hul aan my toon
Ruk en pluk en ruk en pluk die hare van my kroon
Tiengelienge tiengelienge tot die hane kraai
Tiengeliengetiengelienge klingel klokkies fraai
Liggies vluggies liggies vluggies fladder hulle weer weg

Feëtjies feëtjies kom tog weertjies dit was glad nie slegl om die maan
Goue lokkies silwer rokkies het hul almal aan
Trippe trappe trippe trappe kom hul om my bed
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Dit is werklik baie mooi.  Het jy na die deuntjie geluister?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

O ja PM. Sommer twee keer agtermekaar!  :notworthy: :love7: :hello2:

PM

Die tipografie van die gedig is nie reg soos ek dit geplaas het nie.  Wie kan help, ek kom nie mooi reg nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Feëklokkies

Luister luister wie daar fluister in die stille nag
Soetjies  Soetjies ligte voetjies kom die feëtjies sag
Laggies laggies saggies saggies
Dans hul om die maan
Goue lokkies silwer rokkies het hul almal aan
Trippe trappe trippe trappe kom hul om my bed
Trippe trappe trippe trappe ons het baie pret
Knypies grypies knypies grypies knip hul aan my toon
Ruk en pluk en ruk en pluk die hare van my kroon
Tiengelienge tiengelienge tot die hane kraai
Tiengeliengetiengelienge klingel klokkies fraai
Liggies vluggies liggies vluggies fladder hulle weer weg
Feëtjies feëtjies kom tog weertjies dit was glad nie sleg