Author Topic: Ek is geheg aan my besittings  (Read 3941 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek is geheg aan my besittings
« on: October 19, 2021, 02:09:47 PM »
Uit die aard van die saak moes ons die ou bakkie en my atos verkoop om vir Hannes 'n ander voertuig te koop wat outomaties is.  Met die heup wat nie lekker wil saamwerk nie kon hy nie meer die handratte hanteer nie.
Nou huil ek oor ons ou bakkie.  Hierdie jaar was dit 15 jaar oud,  MAAR Hannes pas sy voertuie so mooi op, slaan nie 'n diens oor nie en ry baie skaflik. 
Naas het kom kuier toe die dooiesee nog net baie siek was, toe ek die Atos gekoop het.  Daardie lelike geel kanarie karretjie.  Ek het gesweer ek koop nooit 'n geel kar nie, maar toe raak ek erg verlief op die goeie diens wat ek uit die ou karretjie gekry het.  'n 2006 model met 43,000 kilo's op die klok was dit nog 'n splinter nuwe ou karretjie.
Die lewe gaan aan en 'n mens kan nie by aardse goed vashaak nie. 

Alles gebeur ook seker maar met 'n doel.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #1 on: October 19, 2021, 03:32:02 PM »
Ek het ook vandag 'n knop in die keel. Ons huis van die afgelope 30 jaar is verkoop. Ons sal binnekort 30 jaar se opgaar moet uitsorteer en trek Ferreira. Ja PM ons wil nie graag dit waaraan ons gewoond geraak het en waaraan ons vashou laat gaan nie maar dis maar die lewe. Elke begin het 'n einde.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #2 on: October 19, 2021, 05:04:50 PM »
O nee, ek wil nie, ek wil nie. EK het 'n woonstel vol papiertjies en wolletjies en goetertjies wat vir ander na vuilgoed lyk, vir my goud is.  :crybaby2:

Gelukkig sover is my woonstel nog myne. Maar weet nie vir hoelank nie. As ons somme maak vir ons rondry en kyk tyd, in ons lewe moet ons nog so 200 jaar werk voor ons dit kan bekostig en dan sal die lewe so duur wees dat ons nog 'n 100 jaar by sal moet werk,  :crybaby2: :crybaby2:

Naas, geniet julle nuwe lewe, nuwe begin.

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #3 on: October 19, 2021, 05:40:25 PM »
My keel trek toe.
My ma het altyd gese een ouer kan 12 kinders grootmaak maar 12 kinders kan nie een ouer grootmaak nie. Ek het laaste paar jaar gewoond geraak op my eie. Nou moet ek weer by my dogter se nukke aanpas.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #4 on: October 19, 2021, 06:02:48 PM »
Ek weet ook nie mooi nie.  As jy te veel moeilikheid kry moet jy en Elmarie maar by ons kom bly.  Ten minste kan ons soggens vroeg sit en bymekaar kla!   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #5 on: October 19, 2021, 10:58:15 PM »
Julle! Die lewe is hard hard hard. PM, ek droog jou trane af mater, al wat ek van hieraf kan doen. Mens raak geheg aan jou voertuie soos aan 'n troeteldier. En as siekte ook nog jou kniege kom knak en assuransies jou pad hel toe pavlei is dit pure genade dat ons nog kop bo water hou. En van dit het julle in oorvloed gekry  :crybaby2:

Naas, jy is so reg oor die 12 kinders! Net verlede week het 'n situasie opgeduik waar ons 'n doodtrekstreep gemaak het oor 'kind sal sorg' al wil hulle hoe graag is die omgedraaide situasie nie altyd so maklik nie maar die harde werklikheid dwing ons om dit soms net te moet doen. Gawie het so baie keer met haar hande in haar hare gesit nadat haar ouers en toe later haar broer ook by hulle noodgedwonge moes intrek. Die aanpassing alles behalwe maklik! Sterkte vir jou en vroulief met die uitsorteer en 'n punt plaas agter 30 jaar se bekendheid.

Ons is ook in die stadium waar ons moet besluit oor die toekoms. Trappies soos jy jou papiertjies en wolletjies en goeters lief, so lief ek elke hoekie in ons pandok wat net sowel 'n museum kon wees maar ek besef om jou hand oor alles te hou het jy krag en asems en heller verstand nodig. Ons het die kinders gevra of daar iets hier is wat hulle graag wil hou en nie een soek iets nie. 'n Museum vol gisters en eergisters wat seker by Meisiekind se liefdadigheidswinkel weer 'n ander se nuwe begin sal word  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #6 on: October 20, 2021, 04:04:06 AM »
Ai, die "liewe" viversekering.
Die nuwe (ou)motortjie se premie is net soveel soos altwee die ander motors s'n saam.  'n Mens kan net nie wen nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #7 on: October 20, 2021, 05:57:35 AM »
Ek en Oupa praat oor die mense wat so sukkel om geld uit die versekering te kry.
Hy sê: "Ja Assie. Daai kakmaak sessie van die kriminele impies wat so gebrand en verwoes het in KZN en Joburgh veroorsaak dat die wetgehoorsames nou weer aan die kortste end trek. Versekering moes miljoene uithaal vir herstel en waar verhaal hulle dit? Uit die sakke van die wat werk want die toi toi bliksems word nie betaal vir afbreek nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #8 on: October 20, 2021, 06:05:20 AM »
Oupa is soos gewoonlik reg Assie. 
Ek wil ook vuur onder hulle maak, dit is juis so koud hier vanoggend.  Sit hier met 'n langmou jurk en 'n dik trui, nog 'n kombers om my bene ook.  'n Warm koppie koffie, (wat Raaitjie al vier uur vanoggend gemaak het, in die keteltjie oor die mieliestronkvuurtjie gehang het.) 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #9 on: November 02, 2021, 01:13:56 PM »
Julle..... julle.... wat n seer onderwerp...
Nie omdate enige van ons aardse goed aanbid nie, omdat ons veel eerder baie hard gewerk het vir die klein plesiertjie..../ werktuig..
Ek was 34 toe my ma haar huis verkoop (vir feitlik geen profyt) en by my kom bly. My broer se lewe het inmekaar getuimel, en hy en eers sy een kind en later die ander het ook kom intrek... 13 jaar later besef ek....as ek nie plan maak vir my ou dag nie, gaan ek VER kort kom...ekself het mos gin kind of kraai.....
My ma trek binneland toe, en kry weer onafhanklikheid status by my suster hulle in n woonstel. My broer en sy nuwe vriendin trek in n huur plekkie in en ek koop n piepie klein eenslaapkamer woonstel...sonder trappe...naby die dorp.... my aftree plek....
Die lewe gebeur..... en my ma kan binnekort nie meer alleen bly nie. Ek is die enigste een wat haar plekkie betaal (lankal nie meer by suster uitgewerk nie, en bly op haar eie in n knus klein plekkie).  Deie kinders is uit die skool, een kleintjie (my broer sn) is nou 12. Sy is die 3de en die enigste een wat nie by my groot geword het nie.
My ma sug....sy wil nog haar afhanklikheid he, maar ek kan net nie meer finansieel by bly nie... sak net dieper en dieper weg.

Naas baie sterkte vir julle... maak nie saak wie wat se nie, dis n aanpassing en meeste aan julle kant, ek het eindelose begrip. Meraai ook vir julle...
Hoe pak jy n diepe onthou in...die hemel in n selfgemaakte item... want net jy weet....
PM, daardie karretjie...ek moes my hele lewe herangskik met n huis vol mense toe ek aan n toekoms wou bou. Ek moes baie prysgee.
Nou is wat ek prysgee anders.... dis n mediese fonds, n aftree polis, n tv subskripsie, n klere rekening.... n lidmaatskap.....

Iewers moet dit weer beter gaan.... Trappies, ons plekkies.... ek print tshirts, ek brand bekers, ek verf so bietjie hier en teken so bietjie daar, ek lees my oge lam.... my goetertjies is oral waar ek weet.... sekere goetertjie kan ek net nie wegpak of weggee nie... nie nou nie...
En net ek weet..... die waarde

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #10 on: November 02, 2021, 11:04:30 PM »
Julle! Die lewe is hard en wreed. (((((((Antjie))))))) my hart is stikkint vir jou part. Jy is 'n aardse engel lief mater van ons. Dankie so baie dat jy jou seer met ons deel.  Hierdie sin het my geruk: sekere goetertjie kan ek net nie wegpak of weggee nie... nie nou nie... :crybaby2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #11 on: November 02, 2021, 11:15:48 PM »
Aai Antjie Patat. So in die lewe se snikkel sit ons vas. Die lewe gebeur en ons moet daardeur.
My ma het altoos gesê elke huis het sy kruis. Daai kruis raak darem bietjie ligter as ons dit deel.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #12 on: November 03, 2021, 01:29:35 AM »

Skuus lief Antjie as ek ou koeie uit die sloot gegrou het.  Soms is dit goed om die leed te deel.  Dit maak plek vir die lekker dinge in die lewe.   :icon_biggrin:

Iemand het vir my gesê: Haai ek het nooit gedink jy is materialisties nie!  Seker die vonkel in my oog gesien toe ek dit vir haar wys. 
Dit was oor 'n ou stelletjie van silwer, 'n opskep spaantjie vir koek en 'n drietand vurk, so 'n mooie met vet tande!  Die handvatsels van ivoor.  My ouma toet s'n.  Dit is vir my so kosbaar. 
Dit wil vir my voorkom asof vandag se kinders geen waarde heg aan "ou goed" nie.  Ek het nog 'n ou sitkamerstel, bal en klou, swaar soliede hout, egte riempies gespan. 
Ek sal nou nie name noem nie, maar die wou dit hê om wit te verf.  My hart het amper gaan staan!  Waaaat! Is jy dan nou gek?!
'n Jaar gelede het dit my 'n arm en 'n been gekos om die kussings met swaar brokaat oor te trek. 
Maar dit is maar wat dit is. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #13 on: November 03, 2021, 09:13:16 AM »
PM....ek koop mos riempies stoel of twee jarrrre terug in pandjies winkel... lief ou hout, ou goetertjies... en kan vrek oor outydse hangkaste en spieelkaste...
Maar ma gee haar duur eetkamer stel vir iemand...en die verf dit wit, om die outydse wit look te he...oorval op oorval..in stilte...
Ja, die jongklomp wil nie ougoed he nie... solank dit n draag en n knoppie aanhet, is dit reg, maar as dit n slinger aanhet of met hand gewerk moet word, trek n neus op n knop.... wat de hell....

My ma sit met 'trueso'... eetstelle.... en niemand wil dit he nie... ek het ongelukkig nie plek nie.....
Ai.... ai.....
My grootste begeerte was nog altyd om so 8 of 10 reuse rondawels in n sirkel te bou. In die middel n groot lapa, met reuse hout eetkamer tafel en stoele, vir baie mense, en kaste en gas yskaste en gas-stowe.... en ander rondawel vir spens, siekeboeg, en ander vir wasmasjiene of was plek, en n klip-kerkie en dan kom bly mense wat soos ek dink daar, met oudtydse meubelment.

Iewers naby die see, en naby n wildtuin, nie afgelee nie, maar beskermd en privaat.

Ek wil niks weet van op die maan land, ek wil op die grond bly... en nie afhanklik van baie nie... groente tuine, vrugte en speserye tonnels...
Ek wil daaraan geheg wees....

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek is geheg aan my besittings
« Reply #14 on: November 03, 2021, 10:12:09 AM »
Sê my net waar dit is en maak die sirkel groot genoeg vir nog 'n paar rondawels.  Ons sal almal daar 'n rondaweltjie wil kom bou.


Ek sal 'n eetstel by haar koop.  Ek lief sulke ou goed en is juis besig om twee woonstelle in oornagverblyf in te rig.


Ek bebollie my as mense pragtige hout verf. Hout is goud, dit het 'n siel, dit lewe en nou moet dit grimering kry?  Agge neeeeee!
Om te weet is om te verstaan.