• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Opgenoster

Started by Meraai vannie Baai, October 19, 2021, 12:55:56 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Naas: Ek sal nou sekerlik nie weer op Tietiesbaai kom nie want om daar te kom moet ek deur Opgenoster ry.

Assie

Ta Raaitjie verstaaaan nie. Opgenoster is nou vol gastehuise en stroandhuise. Geen ordentlike visserman wil meer daar bly tussen al die poeierholle nie.
Ga poef. Watter visserman wil dan nou in die aand in 'n tjakoesie vol skuim le en oor die see uitkyk? Hulle sal mos vrek van skoongeite.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Assie, jou dierbare meisiekind  :love7:

Ek  :icon_scratch: nou al lank wat is die nut daarvan om julle woorde te gaps en in die woordmandjie weg te dra  :dontknow: want die lesers het dit klaar onder oge gehad en hopenlik net soveel waardeer en plesier gevind soos ekke. Vandag verheug dat ek voor die versoeking geswig het! Tog bly ek wonder, wat gaan ons maak met al hierdie unieke gesegdes uit die forumgange van geliefde maters?

Naas

Gelukkig is die forum nie vol preserveermiddels wat die woorde sal laat vrot nie.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#4
'n Woordmandjie vol ingelegde woorde...  :toothy4: :hello2: :notworthy:

PM

Hierdie woordmandjie sal nog lank hier wees vir baie nasate om te geniet.  Al bestaan die forum nie meer nie, dit sal in die kuberruimte bly. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

My pynpille skop nou in nou maak ek hallusinasie rympies soos Ra Raaitjie se bunji spinnekoppe.
Ek dink ek gaan nou maar eers katel toe donder.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek is kort op jou hakke, skuif bietjie op en maak vir my 'n plekkie.
Lekker slaap, ek lief julle.   :sleepy1:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wou nou net vra of julle drietjies dan nooit meer slaap nie?  :love7: Nag maters. Lief julle stukkend.

PM

Hiers ek weer.  Vanoggend on sewe uur is ons huis in 'n malle meule omskep.  Die dennekwas plafon in die familiekamer word herstel na die baie reen.  Die kwartrondtes moet vervang word.  Dit is 'n gekap uit 'n ander wêreld. 
Die kontrakteur wat ek gekry het om die dak te herstel het dit opgenoster.  R55 000 later swem ons as dit reen. en "So what for white cotractors".  Nou het ek 'n swartman gekry.  Waar ek die blanke se werkers van ete en drinke moes voorsien, voorsien hy self vir hulle.  Hulle pla my ook nie kort-kort met - kan jy my help met 'n hamer of 'n bytel of 'n dit of 'n dat nie - terwyl die baas by die straat is nie,
hulle het al hul eie gereedskap en hulle baas werk saam met hulle.  Miskien is ek die derde keer gelukkig!
Om te weet is om te verstaan.

PM

Nou is ek opgebruik en bitter moeg.  Ek gaan nou slaap, sien julle later.  Seker so 1 uur more vroeg.  Dalk maak ek dit nagdeur.
More gaan nie 'n maklike dag wees nie.  Fisio, X-strale internis, Dokter ens. ens. 
Lekker slaap julle.  Ek is nou opgenoster!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :love7: Ken daardie paadjie so goed PM. Na nege jaar trek my maag nog steeds op 'n knop soos voor eksamen wat jy nie 'n boek oopgemaak het nie, wanneer dit weer toetsdag is. Die wag op uitslae  :crybaby2: Ons maak 'n kringetjie om julle twee. Sterkte en stywe drukkies :love7: