Author Topic: Galstene  (Read 3871 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Galstene
« on: October 17, 2021, 11:39:06 AM »
Ek het nou weer die afgelope paar dae 'n nuwe skeet. Pyn agter/onder my regterblad.
Beterhelfte dink dis galstene. By tye kan en behoorlik nie asem kry of my regterarm lig nie.
Om alles te kroon besef ek ek moet by die kwak uitkom maar aai, ek is so bang ek raak dalk in die oggend wakker sonder pyne en weet nie of ek dalk in my slaap dood is nie.
Ook bang ek land in die vleisfabriek waar moderne verpleegsters my gaan ignoreer.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Galstene
« Reply #1 on: October 17, 2021, 12:44:11 PM »
Ag nee dit is 'n eina eina..

My beterhelfde sê, "Kwak toe met jou" met of sonder pyn, moenie wag nie.

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Galstene
« Reply #2 on: October 17, 2021, 01:12:43 PM »
Eerste ding more oggend.
Flippen ouderdom...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Galstene
« Reply #3 on: October 17, 2021, 07:49:14 PM »
Praat jy!

Ek het vanoggend my ma gehelp en vanaand kan ek niks optel of opstaan van 'n sit posisie nie.  :crybaby2:

Sterkte vir more. Laat ons weet.

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Galstene
« Reply #4 on: October 17, 2021, 08:19:53 PM »
Dis net ongelooflik hoe mens se liggaam so gou agteruitgaan ten spyte van wat jy nnog probeer doen.
Jou brein dink jy is nog Takuza maar jou liggaam skop vas en se nee, jy is nou Tak@&.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Galstene
« Reply #5 on: October 17, 2021, 10:26:44 PM »
Lekker lag ekke  :evil6:

Ja wat, sterkte vir more, laat weet asb wat gebeur. Ek gaan nou maar inkruip. Praat more weer.  :wav:

 :angel12:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Galstene
« Reply #6 on: October 17, 2021, 10:51:00 PM »
Oi joi joi! Sterkte Naas. Hou ons op hoogte groot assebliefie hoor.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Galstene
« Reply #7 on: October 18, 2021, 02:24:48 PM »
Sterkte Naas, maar beter om eerder kwak toe te gaan.
Niemand kan jou ignoreer nie, jy is te special!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Galstene
« Reply #8 on: October 18, 2021, 02:34:48 PM »
Wag nou vir x-trale en toetsuitslae. Vinnige diagnose is inflimasie en spasmas agv my rugwerwels wat nie behoorlik werwel nie. Gelukkig nog niks van galstene nie.
Ek moet vir julle se daai inasem en staan vir plate was tandetrek seer. Ek moet vlak asem haal anders steek onsigbare skollies warm dolke agter my regterblad in.
Wat dokter ook al se... Hier is groot fout. Dis net te seer.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Galstene
« Reply #9 on: October 18, 2021, 03:43:07 PM »
Toemaar Oom Naas, jy sal wel die skete onder die blad kry.

 :mumum:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Galstene
« Reply #10 on: October 18, 2021, 04:24:42 PM »
Ai Naas, so jammer. Hoop Dokkie kry gou die probleem en hulle gee jou goeie pille vir die pyn.

Ons is mos  nou op die pille en brille tyd.  :icon_study:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Galstene
« Reply #11 on: October 18, 2021, 04:50:06 PM »
Dankie Trappies. Nou met PM en Hannes gepraat. Hannes praat van setpille vir die pyn maar ek kan nie setpille gebruik nie. Het 'n padkaart nodig om my aambeie te sidestep.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Galstene
« Reply #12 on: October 18, 2021, 06:57:54 PM »
OOM NAAS!!!
Die moderne manier is om 'n gps te gebruik. Kaarte is uit die oude doos.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Galstene
« Reply #13 on: October 18, 2021, 11:18:49 PM »
Op die forum het ons, ons eie doepa en steek selfs die draak met skeet en kwaal.

Naas: ek kan nie setpille gebruik nie. Het 'n padkaart nodig om my aambeie te sidestep.
Assie: OOM NAAS!!! Die moderne manier is om 'n gps te gebruik. Kaarte is uit die oude doos.

 :headbang: :`ip2:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Galstene
« Reply #14 on: October 19, 2021, 01:40:34 AM »
'n  Aambei met 'n GPS is deesdae vollop. Elke tweede poepol het een.

 :mumum: