• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Galstene

Started by Naas, October 17, 2021, 12:39:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek het nou weer die afgelope paar dae 'n nuwe skeet. Pyn agter/onder my regterblad.
Beterhelfte dink dis galstene. By tye kan en behoorlik nie asem kry of my regterarm lig nie.
Om alles te kroon besef ek ek moet by die kwak uitkom maar aai, ek is so bang ek raak dalk in die oggend wakker sonder pyne en weet nie of ek dalk in my slaap dood is nie.
Ook bang ek land in die vleisfabriek waar moderne verpleegsters my gaan ignoreer.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Ag nee dit is 'n eina eina..

My beterhelfde sê, "Kwak toe met jou" met of sonder pyn, moenie wag nie.

:angel12:

Naas

Eerste ding more oggend.
Flippen ouderdom...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Praat jy!

Ek het vanoggend my ma gehelp en vanaand kan ek niks optel of opstaan van 'n sit posisie nie.  :crybaby2:

Sterkte vir more. Laat ons weet.

:angel12:

Naas

Dis net ongelooflik hoe mens se liggaam so gou agteruitgaan ten spyte van wat jy nnog probeer doen.
Jou brein dink jy is nog Takuza maar jou liggaam skop vas en se nee, jy is nou Tak@&.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Lekker lag ekke  :evil6:

Ja wat, sterkte vir more, laat weet asb wat gebeur. Ek gaan nou maar inkruip. Praat more weer.  :wav:

:angel12:

Meraai vannie Baai

Oi joi joi! Sterkte Naas. Hou ons op hoogte groot assebliefie hoor.

Antjie Patat

Sterkte Naas, maar beter om eerder kwak toe te gaan.
Niemand kan jou ignoreer nie, jy is te special!

Naas

Wag nou vir x-trale en toetsuitslae. Vinnige diagnose is inflimasie en spasmas agv my rugwerwels wat nie behoorlik werwel nie. Gelukkig nog niks van galstene nie.
Ek moet vir julle se daai inasem en staan vir plate was tandetrek seer. Ek moet vlak asem haal anders steek onsigbare skollies warm dolke agter my regterblad in.
Wat dokter ook al se... Hier is groot fout. Dis net te seer.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Toemaar Oom Naas, jy sal wel die skete onder die blad kry.

:mumum:

Trapsoetjie

Ai Naas, so jammer. Hoop Dokkie kry gou die probleem en hulle gee jou goeie pille vir die pyn.

Ons is mos  nou op die pille en brille tyd.  :icon_study:

:angel12:

Naas

Dankie Trappies. Nou met PM en Hannes gepraat. Hannes praat van setpille vir die pyn maar ek kan nie setpille gebruik nie. Het 'n padkaart nodig om my aambeie te sidestep.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

OOM NAAS!!!
Die moderne manier is om 'n gps te gebruik. Kaarte is uit die oude doos.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Op die forum het ons, ons eie doepa en steek selfs die draak met skeet en kwaal.

Naas: ek kan nie setpille gebruik nie. Het 'n padkaart nodig om my aambeie te sidestep.
Assie: OOM NAAS!!! Die moderne manier is om 'n gps te gebruik. Kaarte is uit die oude doos.

:headbang: :`ip2:

Assie

'n  Aambei met 'n GPS is deesdae vollop. Elke tweede poepol het een.

:mumum: