Author Topic: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging  (Read 6546 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« on: October 16, 2021, 08:14:06 AM »
Ek wil graag weet watse voorbereidings ek moet tref vir Hannes se heupvervanging.
Is hier iemand wat kan help?


Hier is 'n skakel om te sien hoe 'n nuwe prostese ingesit word. 
https://vimeo.com/196743751
« Last Edit: October 16, 2021, 08:19:10 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #1 on: October 16, 2021, 08:58:06 AM »
 :hello:
Hoop alles het goed afgeloop met die heupvervanging.

Ek sou reken hou die loop vlak skoon, geen los goedjies waaroor hy sy belans kan verloor nie. Ek onthou my vorige baas se vroutjie het eengehad en sy moes baie loop.

Plaas 'n rubberbestande mat in die bad en gebruik 'n stortstoel met rubbervoete. Maak seker dat al die seep en wasgoedjies,  binne handbereikbaar is, sodat hy nie hoef te buig nie.  Jy kan ook 'n spons op 'n handvatsel koop om dit makliker te maak vir hom. Dan hoef hy nie te draai of buig nie.

Ek het nou die dag ook gekyk na die stortstoel, vir Oma, maar sy hou nie van die water wat op haar val nie. Ek wou een gehad het met wiele. Hulle kom nie met wiele uit nie.  :evil6:

Sterkte, gee hom 'n drukkie van ons af.

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #2 on: October 16, 2021, 09:06:49 AM »
Ons wag nog vir 'n datum.  Met die covid het geen operasies plaasgevind nie, nou is daar 'n opeenhoping van gevalle.
Hy is pas hier weg om te gaan bloedtoetse doen.  Dan moet hy volgende week borsplate laat neem en die internis sien.
Dan gaan ons 'n fisio sien.  Wat 'n rigmarole. 
Dokkie sê as hy bv. op 'n Vrydag opereer dat kan hy die Sondag uitkom.


Dankie Trappies.  Dit is al sulke raat wat help om die lewe vir hom makliker te maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #3 on: October 16, 2021, 10:59:43 PM »
Drukkie vir Hannes en jou ook PM. Met die ouderdom saam hou ons skarniere nie altyd by nie  :crybaby2: genadiglik kan sommige vervang word. Sterkte en onthou, ons gee om en dink aan julle.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #4 on: October 19, 2021, 01:07:25 AM »
Dankie Raaitjie.  Die hele spul het vandag tot 'n besef gekom.  Vandag toe ons die datum van die 5de November kry toe slaan die kerkklok.  Of is dit die haan wat kraai aan die maspaal?  O nee, dit is die vlag wat daar waai!  Dit is mos die haan wat op die kerktoring staan.   :book1:


Sien, die koeel is deur die kerk, die koppie die raas!


Dit is asof tyd vir 'n oomblik stil staan, maar met dieselfde tyd ook verbyjaag. 
Soveel dinge wat nog gedoen moet word.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #5 on: November 01, 2021, 08:22:05 AM »
Ek het darem nou gereel gekry vir 'n "vatter".  (Een by dischem gekoop.)  Dit is 'n apparaatjie waarmee jy jou broekspyp kan optrek, of jou kouse of iets van die grond af kan optel aangesien die pasient nie mag buk nie. 
'n Mens kry ook 'n driehoekkussing wat tussen die bene geplaas moet word om die bene oop te hou.  Dit moet ek nog kry.
Skoonsus sal vir ons krukke leen.  Ons het 'n stel by Leeupoort, maar die tyd het ons ingeloop.  Nou leen ek maar 'n stel.  Jy weet mos van "Leentjie se hakskene raak agter die damwal weg".  :angel12:


Ek sal seker 'n toiletsitplek by die otis kry.  Ons het reeds die gate laat boor vir 'n handreeling om 'n ou van die toilet af te help, maar die ou wat dit moes kom insit het self 'n mediese probleem. 


'n Mens sukkel met broek aan en af kry, sê hulle vir my.  Nou het ek vir Hannes 3 kortbroeke laat maak waarvan die sykante oop is en net met valcro vasmaak.  (Ek naai lankal nie meer nie  :angel12:  )
Daar is net drie dae oor.  Hy word die 5de gedoen.   :sad5:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #6 on: November 01, 2021, 09:03:28 AM »
Jy klink baie goed voorbereid PM. Sterkte met die laaste reelings. Julle is in ons gedagtes.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #7 on: November 01, 2021, 11:37:21 AM »
Dankie matertjie, ek wil nie met my broek op die kniee gevang word nie.   :dontknow:   :angel12:

Dit is 'n hele ritueel hier by ons in die oggend.
Eers spuit ek sy hele lyf met die seep  waarmee hy moet "ontsmet".
Dan 'n salfie aan al die stukkende plekkies op die lyf, en glo my vry, daar is baie waarvan ons nie eers bewus is nie.
Dan volg die room.  Ingrams maak 'n room wat hemp oil bevat.  Dit is regtig goed vir die droge vel. 
Dan kry oupa 'n  sjerrietjie sodat hy rustig kan sit en ontspan voor die woelige dag begin. 


5 uur vanmiddag herhaal ons die hele proses.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #8 on: November 01, 2021, 11:24:44 PM »
Ek het nie besef hoeveel voorbereiding daar is vir 'n heupvervanging nie PM. Hoop julle het 'n rustige nag. Het vir myself 'n skedule uitgewerk sodat ek nie meer nagmerries kry oor die sperdatum van die huidige kursus nie  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #9 on: November 02, 2021, 08:48:22 AM »
Ons het laasnag min geslaap met Hannes se maag.  Dit spoel onophoudelik.  Nou sal ons vandag dokter toe gaan en dalk bloedtoetse neem om te sien wat die probleem is.  Hou tog duime vas dat dit nie iets is wat die operasie sal verhoed nie.


Kom deel 'n paar feite van jou kursus.  Dit sal help met die studies ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #10 on: November 02, 2021, 10:46:02 AM »
Ek hou alles wat kan kruis, geknoop dat dit net 'n verbygaande gedoente is en die operasie suksesvol gedoen kan word PM. Op die versoek om te deel oor die huidige kursus sal ek net na die sperdatum (12de November) 'n paar dinge opsom en vertaal vir die forum. As ek die Jakaranda-tapyt hier buite ons pandok beloer, dan weet ek: dit raak eksamentyd lol! Die nuwe kursus het darem nog ses weke oor.


 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #11 on: November 03, 2021, 02:28:57 AM »
Dankie Raaitjie, dit is 'n maag virus en behoort binne 48 ure opgeklaar te wees.  Ek het net so 'n gedoente gehad, maar het dit toegeskryf aan spanning, want dit gebeur mos met my.  Hy het medikasie gekry en dit gaan al klaar beter.  Ek het Energade gekoop vir die "dehidration" en nou behoort dit goed te gaan. 
Dit is hoekom ek nog hier sit, want hy moet die volgende pille 3 uur kry. 


Hoe laat jy my nou terug dink aan jakaranda tyd.  Ons het mos geglo as 'n jakarandabloeisel op jou kop val terwyl jy swot dan gaan jy 'n onderskeiding kry.  (Min ouens weet dat 50 'n slaagsyfer was en 51 'n onderskeiding.)   :icon_biggrin:


Hier in die jakarandastad is dit al te mooi, die perstapyt.  Die hybuskis, en so kan ek aangaan, die yesterday, today and tomorrow, die jasmyn, die magnolias, pers, pienk en wit, daardie bome met die allerhande kleure blare, (bougainvillea) ag noem dit maar, Oktobermaand is die mooiste maand!  Nou is ons in November, die jaar het sy einde (0) gesien. 


Ja asseblief, ek sal baie graag daardie opsommings onder oge kry. 
Jy is 'n goeie voorbeeld vir ons Raaitjie.  My pappie het altyd gesê 'n mens moet nooit ophou om te studeer nie.  Al kry jy nie papiere nie,  die inligting lê in jou brein, en as daar iets is wat niemand by jou kan wegneem nie, is dit kennis. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #12 on: November 03, 2021, 05:14:15 AM »
Ek sien kleur op kleur ... en verlustig en vergaap my daarin. Wat kan nou mooier wees as die perstapyt wat Moeder Natuur so mildelik strooi?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #13 on: November 03, 2021, 10:46:01 AM »
Ek is so dankbaar vir die goen wat deur my glasdeure spring as ek opkyk van my neukenaar af.  Die son is besig om kop uit te steek agter die woonstelmuur in die oggend.  Kom loer seker of ek nog hier is.  Somer is hier. 
My babatjie is gespuit en gesalf en geroom.  Ons moet nou ry om sy covid toets te laat doen, dan moet hy gaan opnamevorms voltooi. 


Ek het 'n nuwe matras vir die hospitaalbed gekry.  'n  Skaapvelletjie sal help vir die knop wat op sy skouer sit nadat hy moederaarde gesoen het.  Het mos verlede jaar Augustus van die paar trappe afgeval met sy skouer teen die kisvrieskas beland.  Die ambulans het hom kom haal.  Dit was die 1ste en die 5de is ons vriend in New Castle begrawe.  Die galok by die ongalok.  Ons kon nie daar wees nie en 'n paar dae later is almal wat daar was plat met covid.  Eish!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Watter voorbereidings om te tref vir 'n heupvervanging
« Reply #14 on: November 03, 2021, 10:54:58 AM »
Jimmeltjie PM, weet jy ek verstom my aan wat die lewe ons kant toe rol en ons vermoe om net weer terug te bons en die volgende hekkie aan te durf.  :love7: