Author Topic: Die doodskleed het geen sakke nie  (Read 1731 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die doodskleed het geen sakke nie
« on: October 15, 2021, 09:17:16 PM »
Oe!  Ek het twee van my pragtige vriende afgestaan aan Covid.  Sowaar, net so twee weke uitmekaar.  Hulle het my na my pen laat haas en innige lyne laat skryf.  Soos wat die trane gerol het, het ek gedink:  die doodskleed het geen sakke nie.  Ek was in die proses om 'n paar dingetjies by hulle oor te koop, het klaar betaal daarvoor, maar het nie die moed gehad om dit op te eis nie. 
Geld is rond en dit rol en ek kan niks saam vat nie. 
Rus in vrede my twee maatjies en weet dat ek julle baie lief gehad het, en steeds sal hĂȘ. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die doodskleed het geen sakke nie
« Reply #1 on: October 16, 2021, 09:02:17 AM »
So jammer om te hoor PM.  (((((DRUKKIE)))))

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die doodskleed het geen sakke nie
« Reply #2 on: October 16, 2021, 09:10:23 AM »
Dankie Trappies.  Ons het binne twee maande 8 mense verloor.  Naderhand so voos dat dit 'n rukkie geneem het om die inligting te verwerk.  Die lewe gaan egter aan en ek is dankbaar vir die mooi onthou.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die doodskleed het geen sakke nie
« Reply #3 on: October 16, 2021, 09:36:41 AM »
Andrew se broer het dit ook baie erg gehad. Hy het ook in die hospitaal beland. Hy het ook baie ander probleme, so ons het nie gedink hy gaan weer uitkom nie. Hy is baie hardkoppig en het hom self uitgeboek, maar seker vir die beste want hy het dit gemaak. Hy het wel baie probleme by gekry as gevolg van Covid. Sy bloed is baie dik. Hy het 'n beroerte gekry na covid.

Bella se skoonma en skoonsuster is ook alby oorlede binne 3 dae van mekaar. Dis 'n vreeslike ding.
 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die doodskleed het geen sakke nie
« Reply #4 on: October 16, 2021, 09:41:32 AM »
Daar is soveel hartseer stories, ek glo nie een familie het dit vrygespring nie.
'n Vriendin van my is drie weke in 'n koma geplaas.  Haar keel is so erg beskadig deur nalatigheid, sy is gister vir die vierde keer geopereer en is in intensief opgeneem.  Nou wag ons in  spannning. 
Dit is vreeslik, as die foon lui dan wonder ons watter slegte nuus gaan ons nou weer kry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Die doodskleed het geen sakke nie
« Reply #5 on: October 18, 2021, 02:46:18 PM »
Wat n boeiende opskrif-lyn PM!
Ons kan jare hieronder skrywe.
Terloops ek het my tweede prik gekry Donderdag laasweek, en gevoel ek wil dooi 3 dae aaneen ... my kop steeds vrek seer, lyf is deur Rocky 1, 2 en 3 bygekom.

Maar oor die doodskleed...en die mense om ons wat soos bome val....
My een neef is aan die komplikasie oorlede, in ICU, die suurstof masker het hom seergemaak, en hy het dit afgetrek, en uiteindelik versmoor. Hy is op 23 Desember laasjaar begrawe, sy enigste broer en suster het ek mee gesels by die diens. Sy broer raak skielik sieker, en sterf 6 Januarie 2021. Een suster oor.
My ander niggie, in Vrede, word siek, en haar man ook, toets positief albei, en nog n week later sterf eers sy in die hospitaal, en 3 dae later hy ook.
Een dag gesels jy nog, en twee weke later hou jy jou kop in ongeloof vas.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die doodskleed het geen sakke nie
« Reply #6 on: October 18, 2021, 07:31:42 PM »
Dit is die waarheid!  Die hartseer en die trauma wat om ons aan die gebeur is. 
My hart gaan uit na julle.  Weet net dat ek julle almal graag wil toevou in liefde en verstaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die doodskleed het geen sakke nie
« Reply #7 on: October 18, 2021, 11:21:23 PM »
Antjie dit is ongelooflik dat mens soveel pyn ervaar met hierdie onding in ons midde  :crybaby2: PM, ek dink met liefde en simpatie aan almal wat geliefdes/bekendes verloor het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die doodskleed het geen sakke nie
« Reply #8 on: October 19, 2021, 01:00:54 AM »
Ek het amper voor die neukenaar aan die slaap geraak toe Hannes seg ek  moet sorg dat ek in die bed beland, nie op die skootbrakkie nie.  Dit is nou 1 uur en hier sit ek alweer.   :icon_scratch:   Nog steeds dood moeg, maar moes net gou kom kyk of hier nie lewe is nie en ja sowaar, hier loop ek my Outback maatjie raak.   :hello2:


Die lewe gaan aan.  Soos wat ons gewoond is aan SA se kriminele raak ons gewoond aan die sterftesyfer.  Dit is verbasend hoe aanpasbaar ons is. 






Om te weet is om te verstaan.