Author Topic: Stokperdjies  (Read 3026 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Stokperdjies
« on: October 06, 2021, 10:22:27 AM »
Ek het net gewonder.  :dontknow:

Stokperdjie - dis nou vir my so 'n mooi woord. Seker oor ek mal is oor perde.

Het ander ook meer as een stokperdjie? Ek het baie.

Hoe maak julle tyd vir dit?

Wat is jul stokperdjies?

Wat maak julle met die voltooide produkte?

 :angel12:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Stokperdjies
« Reply #1 on: October 06, 2021, 10:59:41 AM »
((((((Trappies!))))))  :toothy4: :love7: :hello2: kom staan eers nader vir 'n stywe drukkie voor ons kuier.

My stokperdjies (daar so baie ek kry skaam om te begin lol) terug by jou vraag.  Ek het meer as genoeg tyd, heeldag alleen en dit pas ek in so tussen die studies en ander lekker dinge. Wat maak ek met die kreatiewe skeppings? Alles gaan na Meisiekind se charity projek vir behoeftige gesinne of mammas wat vlug in die nag met net dit wat sy kon motor toe dra.


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stokperdjies
« Reply #2 on: October 06, 2021, 12:48:59 PM »
My skoonma se besem was haar stokperdjie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stokperdjies
« Reply #3 on: October 06, 2021, 12:57:13 PM »
Ek moet erken dat ek graag skilder as stokperdie. Maar agv my unieke samestelling beland my werk maar op die ashoop.
Ek het 'n geweldige tekortkoming... Ek kan nie vat en los nie. As ek iets begin moet ek dit klaarmaak anders vat ek nie weer daaraan nie. Dis anders met my houtwerk want in my kop kan ek dit in kleiner takies opbreek maar as so 'n kleiner takie onderbreek word is die hele projek vir my neusie verby.
So le daar menige halwe projekte in my werkswinkel en het ek al menige halwe projekte weggegooi.
Selfs my skryfwerk loop deur. Ek vee gereeld halwe stories en gedigte uit.
Dis 'n siekte maar een wat ek nie pille voor kry nie.
Met die ouderdom saam raak dit erger want ek begin iets, word onderbreek, vergeet wat ek wou doen en vee uit.
Was laat ek eers hier stop voordat ek moet uitvee.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Stokperdjies
« Reply #4 on: October 06, 2021, 07:48:32 PM »
((((((Ta-Meraai)))))) Dankie vir die drukkie.

Aggenee Naas, Jy het my tafeltjies so mooi gemaak. Ek is mal oor hulle. Jy kan baie mooi goedjies maak, en skryf, en dig.

 :angel12:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Stokperdjies
« Reply #5 on: October 09, 2021, 08:03:22 AM »
Ek het ook n hele paar... en kry soms nie tyd nie... en soms doen ek dit ten koste van iets anders.
Ek voel baie soos Naas... en my geduld is so flippen min... ek weet nog nie wie voor my ingedruk het toe geduld uitgedeel was nie...
 Ek skilder ook graag, (olie en acrylics) maar is nie die beste nie, en ek gooi ook weg wat nie vir my reg is nie... en die eerste fout is om te probeer as ek nie in die regte bui is nie... dis n gewaarborgde flop. Ek waag deesdae my hand aan waterverf... dis n ander wêreld glo my.

Ek brand ook tshirts en koffie bekers met vinyls. Dit moet n 2de inkomste wees. Maar glo my mense kry swaar, en daar is hope mensae wat dit doen. PLUS ek kan mos nou nie verkoop nie, oh genade ek is useless.... geen bemarker in my lyf nie.

Ek is n wildlife fotograaf, en sal ook ander shoots doen. Murphey het kom intrek, want albei my kamera batterye het op een slag gekalf. en raai wat kos die generies????
Ook is ek n geregistreerde Toer Operateur, wat van die pestilensie begin het, nie n enkel toeris iewers kon vat nie. Saam met hierdie het ek meer as 20 jaar as n vrywilliger in die fantastiese Hluhluwe-Imfolozi Big5 game reserve gewerk, en ander kleiner parke van Ezemvelo hier in KZN. eK HET AS sTREEKS sEKRETARESSE BEDANK LAASJAAR.

Nou is ek n vrywilliger of member / lid van die Seevaarders Missie. Omdat ek in Internasionale Logistiek werk, het ek daagliks met skepe te doen, so die seevaarders is n groot deel van my lewe.

Ek het my eerste motorfiets gekry in 1983, en ry nou al die honderd jare later, my 7de fiets. Wat ek nie verruil nie. Ek behoort aan geen bikers lub nie, maar ry soms saam Suzuki se mense (meestal omdat dit n Christen groep is). Maar geld is maar min, so ek het baie lanklaas saam hulle gaan ry.


Tyd... ek vat hier en los daar....







Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stokperdjies
« Reply #6 on: October 09, 2021, 08:17:12 AM »
Antjie jy en Elmarie is voels van enerse vere. Gaan hardwerkend deur die lewe met niks omdat ander se welstand vir julle belangriker is.
Ek het nou 'n lang stuk getik, besef dat die wereld nie 'n halfsent omgee nie, en alles maar weer uitgevee.
(((drukkie vir jou)))

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Stokperdjies
« Reply #7 on: October 09, 2021, 08:19:03 AM »
Sjoe Antjie, jou lewe klink baie opwindend. Geniet elke oomblik.  :toothy4:

Agnee Naas, ek gee om.  :hello2:

Ja tyd is my ook nie beskore nie. Ek het nou 'n hele woonstel tot my beskiking, nadat my seun en sy "vroutsel" uitgetrek het. So ek pak nou maar reg en vat hier en vat daar. Dis nog baie deurmekaar. Ek is besig met 'n paar goed op eenslag. Ek werk maar op dit wat ek voor lus het of wat in my pad is.  :evil6: :evil6: :evil6:

Ek het myself so paar jaar terug self geleer om te Hekel. Ek volg 'n vroutjie wat in Canada bly. Ek is mal oor hoe sy stap vir stap wys. Sy maak die Kalender Kombersies. Elke maand kom iets by. Dit doen ek gewoonlik voor die TV.

Dan is ek ook tussen die regpak in die woonstel besig om 'n huisie te bou met stokkies. Ek het so paar jaar terug 'n paar gemaak en in my tuin gesit, maar het 'n "Tennis elboog" gekry van die knip, ek is maar bang om te veel met die arm te doen, dit is 'n baie eina eina.

Elkgeval ek moet klaar maak om winkel toe te gaan, my baas hou nie van laat kommers nie.  :evil6:

 :angel12:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Stokperdjies
« Reply #8 on: October 09, 2021, 08:49:51 AM »
Ek stem, Naas ons wil altyd weet, en gee ALTYD om.... nikse uitveeg nie. Ons het nou klaar gepraat...
 :read2: :nono:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Stokperdjies
« Reply #9 on: October 09, 2021, 11:38:51 PM »
Antjie, ek het gehang aan jou lyne. Lig my hoed en knak my knieg. Trappies jy moet kom beduie van "vroutsel"  :icon_biggrin: :book1: daar is nie dalk 'n plekkie op die gevreetboek waar ek kan loer na jou huisies nie sebliefie? Kan mos boggerol fotos hier sien wat op die att. manier vasgemaak is nie.
Naas ek was al paar keer toeskouer van jou tik en uitvee projekte hier op die forum  :icon_bigsmurf: Self skuldig net tussen ons twee  :angel4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stokperdjies
« Reply #10 on: October 09, 2021, 11:59:53 PM »
Op die oomblik is wakker bly my stokperdjie.
Ek moet met 'n CPAP masjien slaap anders hou ek op asemhaal in my slaap. Toe hulle my destyds getoets het het ek 27 keer per uur opgehou asemhaal. Soms tot 'n minuut en 'n half.
Nou is dit vir my onmoontlik om te slaap as ESKOM spuls raak in die nag. Ons gaan nou weer deur so 'n episode van beurtkrag.
Om alles te kroon is dit veronderstel om vannag niks beurkrag by ons te wees nie. Maw dis ten minste darem 'n deurnag slaap vir my.
En raai wat. Ons het van 20:40 af onbepaalde kragonderbreking agv foutiewe toevoer erens.
Ek is poegaai maar wakker soos 'n spook.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Stokperdjies
« Reply #11 on: October 10, 2021, 12:13:27 AM »
Met respekte kon ek nie help om te glimlag vir jou wakker soos 'n spook nie!  :icon_biggrin: Jitte Naas, dit is gevaarlike storie om soveel keer op te hou asemhaal. Die slaapapnea kan selfs lei tot twee nare letters uit ons geliefde alfabet. Simpatie met daardie masjien en ook EKSDOM. Beurtkrag is 'n woord wat ek eerlik waar nie geken het toe ons nog in SA was nie. Die manne wat daardie jare op die lektriek-lanne gewoel het met kragtige saad het hulle storie geken. Wat verkeerd gegaan het, krap ek kop en ruik bollie  :color:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stokperdjies
« Reply #12 on: October 10, 2021, 12:20:31 AM »
Ta Raaitjie, glo my, die spoed van donkerte is vinniger as die van lig. As jy die mense wat weet wegjaag skok die res hulself in... Wag laat ek eers weer uitvee.
Netnou is ek en die forum in die moeilikheid.
Ek het nou net terugvoer van die musliktepaliteit gekry. Daar is nie kragprobleme nie. Dis toe al die tyd onbeplande beurtkrag.
As mens geen onderhoud doen nie gaan jy een of ander tyd breek...

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stokperdjies
« Reply #13 on: October 10, 2021, 12:33:01 AM »
Ons krag is nou weer aan so Naas gaan nou maar sy longe aan die gang skop, sy slaaphelmit oor sy kop trek en probeer om die grysmassa rus te gee.
Lief julle...
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Stokperdjies
« Reply #14 on: October 10, 2021, 12:39:35 AM »
Wens jou 'n rustige nag toe geliefde mater van ons  :love7: ek gaan nou grawe na die oorsprong van 'stokperdjie'  :book1: