• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Uit aas uit

Started by Naas, October 01, 2021, 07:09:34 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek en my visvangbroer, Wimpie besluit die Saterdag gaan ons 'n slag daar tussen die Paarl en Wellington onder die Lady Loch brug in die Bergrivier hengel.
So pak ons alles in.
Bottel OBS vir elk, visgery, twee blikkies erdwurms vir aas en 'n ou kombers om op te sit. (In daai volgorde van belangrikheid.)
Daar aangekom maak ons onself gerieflik en met 'n glasie OBS in die hand begin ons in erns visvang. Of moet ek liewerste eerlik wees en se hengel want daar is nie eintlik vis nie.
Al wat byt is klein aasvretertjies wat lief is vir ertwurms.
Hier net na middagete begin die OBS bodem se kant toe staan en die erdwurms raak op.
Ons wil darem nog die OBS klaarmaak sodat ons die bottels kan weggooi voor ons by die huis kom. (Die vrouens hou nie van lee bottels nie.)
Nou sit ons so half met 'n probleem. Nog OBS maar geen aas nie.
Ek hoor 'n ritsel agter my in die gras.
Dis 'n slang wat 'n padda gevang het.
Ek sien dadelik die moontlikheid van aas as die slang bereid is om die padda te skenk. Maar die skelm klou vir lewe en dood aan daai padda.
Maar 'n OBS visserman is vindingryk. Ek vat die padda aan die twee agterbene en terwyl ek liggies trek gooi ek bietjie OBS in die slang se bek. Dit werk. Sy oe raak groot en hy maak sy bek gewillig oop. Terwyl ek die padda aan die hoek sit verdwyn die slang terug in die gras.
Die padda-aas werk goed want die klein vissies kry dit nie sommer afgeeet van die hoek af nie.
Lekker, ons hengelervaring rek nog so bietjie langer.
Net toe ons besluit dis tyd vir oppak tik iemand my op die skouer.
Toe ek omkyk val my kakebeen op die kombers.
Dis dieselfde slang as vroeer met nog 'n padda in die bek. Gelukkig was daar nog so lekseltjie OBS om die slang gelukkig te hou.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :headbang: Ek belowe, ons het gewag vir die oomblik wanneer die slang terugkom met nog 'n padda in die bek. Jy het ons nie teleurgestel nie Naas :hello2:

Assie

Wat is OBS Oom Naas. Dit klink vir my jy steek al weer goed weg vir Ta Elmarie.

:mumum:

Naas

Dis Old Brown Sjerry. Daai goed wat jy en die dominietjie so skelm agter die kraalmuur drink.
Jy kan maar gaan klik. Tannie Elmarie weet tog ons het OBS gedrink as ons gaan hengel het en die storie was laaank terug voordat ek nog geweet het ek het diabetes.
Ek dink ek moet 'n slag vir Oupa touwys maak oor daai kraalmeur eskapades.  :pottytrain2:

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Dan se ons maar liewerste niks nie.
Wat agter die kraalmuur gebeur bly agter die kraalmuur.  :angel7:

:mumum: