Author Topic: Onse Antjie Patat verjaar  (Read 2665 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Onse Antjie Patat verjaar
« on: October 01, 2021, 10:50:42 AM »
Liefste ou Antjie Patat net die aller mooiste is ons wens vir jou vir altyd enne biekie. Lief jou tonne  :love7: :hello2: :notworthy:
« Last Edit: October 01, 2021, 10:53:33 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #1 on: October 01, 2021, 11:13:21 AM »
:hello2: :hello2: :hello2: :icon_cheers: :love7: :wav: :occasion13: :occasion13:
Baie geluk en seeninge op die heugelike dag.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #2 on: October 01, 2021, 11:22:46 AM »
Baie geluk Antjie. Ek is so bly jy dwaal saam met ons in die forumgange.
Ek hoop jy het 'n geseende dag en dat jy lekker bederf word deur jou geliefdes.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #3 on: October 01, 2021, 08:13:49 PM »
Wow baie baie dankie julle! Sulke warm vrinne.
Rieme onder my hart!
Baie dankie :toothy4: :love7: :wave:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #4 on: November 13, 2021, 05:23:04 AM »
Baie hartlik geluk matertjie.  Ek is nou wel 'n bietjie laat, maar darem nie soooo laat nie.   :icon_biggrin:
Mag jou nuwe lewensjaar vir jou gesondheid in hou. 
In hierdie wens is baie meer opgesluit as wat mens dink.
As jy gesond is kan jy werk.
As jy werk kry jy geld.
As jy geld het is almal lief vir jou.
Wat meer wil 'n mens hê?  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #5 on: November 13, 2021, 06:37:38 AM »
As jy geld het is almal lief vir jou.
Daar is soveel dinge verkeerd met daai stelling...
My oorle ma se suster het net geld, en baie daarvan. Geen kind of kraai nie. Vandat haar man oorlede is sit sy vinger alleen in hulle groot huis.
Sy hetjare terug gesê sy hou boek van wie van haar broers en susters se kinders by haar kom kuier en haar testament sal die geld dienooreenkomstig uitdeel. Einde van die storie, alhoewel ek baie aan haar dink gaan kuier ek net daar uit dwang wanner my broer my kom optel en saamsleep. Dit gebeur dalk een keer in vyf jaar. Ek bel haar een keer 'n jaar op haar verjaarsdag omdat my ma dit altyd gedoen het.
Geld koop nie my liefde nie. Ek gaan nie daar kuier net om agterna te hoor ek is agter haar geld aan nie. Sy kan haar geld maar vir die DBV gee.
Dis die einde van dit. En geen mens gaan my oortuig om anders daaroor te dink nie. Ek het nog nooit in my lewe gerol in die geld nie. Geld is beslis nie waarom my lewe draai nie. En geld se koopkrag is nie genoeg vir my liefde nie.
Lief julle almal stukkend en dit kos julle niks. (Ja vir jou ook Assie.)


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #6 on: November 13, 2021, 06:45:08 AM »
Waar bly daai tannie van jou?   :angel4:  Ek het baie tyd om te gaan kuier.  :icon_biggrin:


Naas, geld is dalk nie alles nie, maar warraggentaggentag man, dit is darem 'n groot deel.  Dit kan die lewe soveel makliker maak.   :dontknow:




Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #7 on: November 13, 2021, 07:13:09 AM »
Sy woon hier naby in Wellington. Dit sou vir my baie makliker gewees het as sy in Leeupoort gebly het en jy en Hannes in Wellington.
Ek het sonder geld grootgeword so ek mis dit nie. As jy gewoond is sonder geld mis jy minder dinge. Ek gee toe dat ek nou en dan dink "as ek geld gehad het... (so ek nou in die kar gespring het Leeupoort toe) Maar mens pas aan by wat jy het.
My ma is dood met die klere aan haar bas en selfs dit het haar seergemaak hier na die einde toe maar haar hart het oorgeloop van liefde. Ek dink soos sy. Liefde en geld loop nie in dieselfde straat nie.
As geld verdwyn, verdwyn 90% van jou vriende. Die vriende wat oorbly is daar vir liefde.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: November 13, 2021, 08:27:54 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #8 on: November 13, 2021, 08:15:23 AM »
Helllloooo amper gedog ek is in 2022! lol...
Baie dankie PM...
Ja, jy kan niks doen sonder geld nie, en in ons land kry ons bitter bitter swaar... ek wil eerder nie eers die woord geld, noem nie. Maar as ek my sin kry, gaan bly ek "off grid" iewers waar dit veilig is, en leef van die grond af.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #9 on: November 13, 2021, 09:36:18 AM »
Antjie ek het vir jou 'n persoonlike boodskap gestuur. Dit sal onder my messages le hierbo.
En vir julle wat nou nuuskierig is, ek het by haar geskinder oor Assie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #10 on: November 13, 2021, 01:22:53 PM »
Slaat my om met n nat vis, nooit geweet van die messages blokkie eers nie. Dis nou sommer verby oulik!
En toe het ek al briefies in die pos, en nooit geweet om die posbus oop te maak nie.
Dankie Naas

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Onse Antjie Patat verjaar
« Reply #11 on: November 13, 2021, 05:18:49 PM »
Welkom Antjie Patat  :icon_biggrin:  !
Ek het my liefste Ouma Naas se liefde ervaar.  Jy is so reg Naas.  Wens ons kon meer doen om die lewe vir haar makliker te maak.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.