• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jakkals se kind

Started by Assie, September 22, 2021, 04:02:22 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Hulle se dit vat 8 jakkalse om 'n pelsjas te maak.
Ek het nie eers geweet jakkalse kan naaldwerk doen nie.

:mumum:

PM

 :dontknow:   Ek ook nie.  Sê Hannes. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Helllllllo Naas  :wave: Wonder hoeveel gesegdes is daar oor Jakkals se kind?  :book1: :dontknow: Assie jy het my nou aan die wonder. Sal moet gaan krap vir 'n antwoord nooi.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Jakkals:
Dit gaan op 'n jakkalsdraffie = dit gaan redelik goed, of nie te goed en nie te sleg nie

Dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel = klein foutjies veroorsaak groot moleste

Hoe kaler jakkals, hoe groter stert = wie die minste besit, wil die meeste spog

Iemand is 'n jakkals = 'n listige, skelm persoon

Jakkals prys sy eie stert = gesê van 'n persoon wat homself prys

Jakkals sê die druiwe is suur = gesê van iemand wat minagtend praat oor iets wat buite sy beheer is

Jakkals trou met wolf se vrou = die son skyn terwyl dit reën

Jakkals verander van hare maar nie van snare nie = 'n skelm mens verander uiterlik maar nie innerlik nie

Jakkalsdraaie maak/gooi/loop = slim uitvlugte uitdink
'n Kaal jakkals = persoon wat niks besit nie

Vir jakkals skaapwagter maak = die grootste skelm 'n verantwoordelike pos gee

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Jakkals nooi vir gansie:
Kom eet vanaand by my.
Daar's heerlike kossies en uintjies uit die vlei.
Nee dankie,
Se die gansie:
As ek vanaand by jou kom eet
Vreet jy my sekerlik op.

:mumum:

Meraai vannie Baai

#6
Dink ek so by myself - ons klompie sal voorwaar 'n dooie jakkals aan die draf praat in die mooiste taal :bootyshake: Ai Assie, wanneer laas het ek daardie versie gehoor!

Meraai vannie Baai

Ek het 'n baie sterk vermoede gehad dat iemand  :icon_bigsmurf: vir ons 'n klompie pragtige jakkals gesegdes gaan bring. Was nie verkeerd nie. Naas, jou doring.

PM

Dankie Naas, jou ou jakkals.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.