Die Klaskamer > Het jy geweet?

Jakkals se kind

(1/2) > >>

Assie:
Hulle se dit vat 8 jakkalse om 'n pelsjas te maak.
Ek het nie eers geweet jakkalse kan naaldwerk doen nie.

 :mumum:

PM:
 :dontknow:   Ek ook nie.  Sê Hannes. 

Meraai vannie Baai:
 :toothy4: Helllllllo Naas  :wave: Wonder hoeveel gesegdes is daar oor Jakkals se kind?  :book1: :dontknow: Assie jy het my nou aan die wonder. Sal moet gaan krap vir 'n antwoord nooi.

Naas:
Ons sal moet loer...

 :icon_bigsmurf:

Naas:
Jakkals:
Dit gaan op ‘n jakkalsdraffie = dit gaan redelik goed, of nie te goed en nie te sleg nie

Dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel = klein foutjies veroorsaak groot moleste

Hoe kaler jakkals, hoe groter stert = wie die minste besit, wil die meeste spog

Iemand is ‘n jakkals = ‘n listige, skelm persoon

Jakkals prys sy eie stert = gesê van ‘n persoon wat homself prys

Jakkals sê die druiwe is suur = gesê van iemand wat minagtend praat oor iets wat buite sy beheer is

Jakkals trou met wolf se vrou = die son skyn terwyl dit reën

Jakkals verander van hare maar nie van snare nie = ‘n skelm mens verander uiterlik maar nie innerlik nie

Jakkalsdraaie maak/gooi/loop = slim uitvlugte uitdink
‘n Kaal jakkals = persoon wat niks besit nie

Vir jakkals skaapwagter maak = die grootste skelm ‘n verantwoordelike pos gee

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version