Author Topic: PM se boneslaai met basiese soetsuursous  (Read 5104 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
PM se boneslaai met basiese soetsuursous
« on: September 22, 2021, 11:32:50 AM »

Dit is my oudste se 50ste verjaarsdag en ek gaan nie die hele naweek staan en werk nie.  Die man het mos nie 'n vrou nie.  Nou het ek gisteraand hierdie resep gemaak en ingelê. 
Ek het ook 'n koperpenniewortelsaai gemaak en dieselfde basiese soetsuursous gebruik daarvoor.  (Net 'n paar ekstra bestanddele bygevoeg.)
Vandag maak ek 'n heerlike aartappelslaai en pak dit ook in bottes in die yskas vir die naweek. 
Wat wil jy nou meer!

Eers gee ek die resep vir die sous.  Jy kan dit met baie verskillende inlê-bestanddele gebruik.  (Wortelslaai, Noedels, bone, ens.
Ek gee die enkel resep, maar ek maak dit altyd dubbel aan.  As iets oorbly kan jy dit in die yskas bêre en sommer oor 'n koue hoenderborsie bedien. 


500 ml druiweasyn
375 ml bruin suiker
Half telepeltjie borrie
2 Eetlepel piekel kruie (Ek koop sommer 'n groot pak by Westpack, want ek gebruik dit dikwels, sommer in my potjie ook.
As jy nie piekel kruie het nie kan jy so 10 ml droe dille en 15 ml mosterdsaadjies byvoeg.
Ek voeg ook nog sommer so 'n hand vol geel sultanas by.
Maak so 20 ml mielieblom in 'n bietjie koue water aan waarmee jy later die sousie mee kan verdik.   
Gooi al die bestanddele in 'n pot en kook dit goed.  Maak dit nou dik met die mieleblom. 

Boneslaai
Die boneslaai het nie 'n naam nie, want jy kan jou gedagtes laat gaan en bone gebruik waarop jy jou hand kan lê.
As jy die bone wil inlê moet jy dit saam met die sous deurkook voordat jy dit bottel, anders kan jy dit net in 'n mooi bak deurmekaar roer en die sous bo-oor gaai gooi. :icon_biggrin:


Die blikkies is die 400 ml blikkies, die sous afgegooi en as jy wil kan jy dit afspoel. 


Kies vir jou enige 4 blikkies
1 botterbone
1 nierbone
1 suikerbone
1 drieboneb
1 vierbone
1 Kekerertjies
1 enige bone wat jy kan kry, natuurlik gaar en ingemaak.
Maak die blikkies oop, gooi die water af en spoel dit af as jy wil, ek spoel dit nie.  Plaas dit nou in 'n opdien bak.


Voeg daarby 1 blikkie groenbone (water af) en 1 blikkie baked beans.  Roer deur.


As die resep sê een ui, dan neem ek altyd twee, kap dit op en braai dit in twee telepels suiker tot dat dit deurskynend is. 
Ek braai altyd my uie en suiker, een telepel vir elke ui, want dit bring die ui se  natuurlike smaak uit. 
Kap 1 rooipeper,
1 groenpeper en
1 geelpeper ook in stukkies en voeg dit by die uie. 


Voeg nou daarby
1 teelepel komyn (cumin)
1 teelepel kerrie
half tepeltjie borrie (as jy het)
en voeg 'n half koppie coke by
'n Kwart koppie balsamiese asyn gee dit 'n heerlike geur.
Nou kan jy dit sout en swartpeper. Na smaak natuurlik.


Gooi die konkoksie bo-oor die boontjie, roer deur.


Nou gooi jy daardie basiese soetsuursousie bo-oor en bedien.


As jy dit wil inlê, moet jy die hele spulletjie in 'n pot gooi en dit deurkook. 
Sterileseer die inmaakbottels, bottel en bêre onderstebo tot dat dit koud is. 


Dit klink na 'n hele gedoente, maar dit is baie makliker as wat dit klink.  Dit is ook heerlik.






« Last Edit: September 22, 2021, 11:34:23 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: PM se boneslaai met basiese soetsuursous
« Reply #1 on: September 22, 2021, 12:35:26 PM »
Ek gaan ook daai resepte probeer. Dankie Ta PM.
Sjoe. Hy word al vyftig en hy is noggie getroud nie... En hy bly nie eers op 'n plaas nie. Hoe lank isoleer hy dan al vir die koue wit gedoente?   :icon_scratch:

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se boneslaai met basiese soetsuursous
« Reply #2 on: September 23, 2021, 04:06:02 AM »
Baie lankal in solasie.  Hy het darem nou 'n meisie wat van Suid-Wes af kom.  'n Liewe plaaskind. 


Ek hou daarvan om die resepte op die forum te plaas, dan hoef en nie 'n boek saam te sleep as ek iewers heen reis nie.

Om te weet is om te verstaan.