• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Fonte

Started by Naas, September 20, 2021, 10:46:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek wonder of iemand vir my kan verduidelik hoekom party plasings se fonte so klein is.
Die brille wat hulle deesdae maak vergroot nie meer so lekker nie nou sukkel Naas se katerakke om die klein woordjies te verstaan.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#1
Oeps! 
Ek sê net vandag vir Hannes dat ek nie kan onthou wanneer ek vir die eerste keer met "copy and paste" spoeg en plak, te doen gekry het nie.  Dit was regtig toe Tesla nog kerse gebruik het. 
Ek sukkel soms om resepte uit te druk, (nie lemoene nie, resepte)  Wanneer ek dit nie direk gedruk kry nie, spoeg en plak ek dit in 'n nuwe e-pos, en siedaar, dit soebat om gedruk te word. 
Dit gebeur dan wanneer ek spoeg en plak, van gewone luigatgeit, dat die font of lewensgroot of piepklein uitpop. 
Dit is tog net te lekker om 'n resep uit te druk in plaas daarvan om dit af te skryf.  Moet asseblief nou nie kom staan en mor oor bome en goete nie.   :bootyshake:


Om te weet is om te verstaan.