Author Topic: Getande Gesegdes  (Read 3085 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Getande Gesegdes
« on: September 15, 2021, 12:45:01 AM »
Naas:
Die geraas maak my tande stomp

Ek het nie oogtande vir Zuma nie

Kners op my tande

Mense sonder tande ry op hulle rims

Sal jou klap dat jou tande soos bliksoldaatjies by jou neus uitmasjeer

'n bek vol tande is beter as twee oe vol trane

Praat jy wat tande het

My ma se gesegde... Daar sal 'n geween en 'n gekners van tande wees. En die wat nie tande het nie sal tande voor supply word.

Net genoeg kos vir my holtand

Sy tande herinner my aan sterre. Nie so blink nie maar so ver uitmekaar uit (kaapse klong)

Waar daar 'n tand is sal daar 'n kousel wees

Tussen die hand en die tand val die kos in die sand.

Die verligting op die goudvissies se gesigte soggens as ek my tande uit hulle bak haal is prysloos.

Assie se oupa:

Hy lieg soos 'n tannetrekker.

Skewe tande kan ook kou.

Die Kaapse klong het hier en daar tande soos 'n vandisieklavier.

Praat jy wat tande het

PM:
As jy iets teensinnig doen dan doen jy dit met lang tande.  "Sy eet haar kos met lang tande."

Jy kan ook jou tande vir iets slyp. 

Die kinders doen dit seker vir wanneer hulle kan sit en tande tel.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Getande Gesegdes
« Reply #1 on: September 15, 2021, 12:52:59 AM »
PM het die ene aangehaal: 'n Mens sal hare op jou tande moet hê om met so 'n slapgattige tandemuis te deel.

Dit het die woorddief laat kopkrap oor die oorsprong van die gesegde wat dui op baie durf aan die dag te lê :
Die Switsers was glo die eerste bekende onverskrokke huursoldate, maar ook kranige koekoekklokmakers en sou enige aanbod aanvaar as die besoldiging reg was. Om hierdie beeld verder te bevorder het hulle woeste snorre gekweek wat lip en tand verberg het. Dit het die vyand dan oortuig dat so persoon wat hare op sy tande het, vir niks en niemand sou stuit nie.

Bron: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/idiome-en-uitdrukkings/hare-op-jou-tande-he/

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Getande Gesegdes
« Reply #2 on: September 15, 2021, 01:00:21 AM »
Ek is so oud soos my hande, maar nie soos my tande nie — skertsend gesê.

Iemand se tande voel: Iemand se bekwaamheid of kennis toets.

Vir iemand die tande wys: Vir iemand kwaad word

Lieg soos 'n tandetrekker: Vroeër het reisende kwaksalwers ook sommer tande getrek, met die belofte dat die slagoffers nie pyn sou voel nie – mits hulle van sy medisyne koop. Dit het gou geblyk dat sy beloftes alles leuens was.



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Getande Gesegdes
« Reply #3 on: September 15, 2021, 12:39:13 PM »
Dankie vir dit Raaitjie.  'n Mens kan altyd op jou staatmaak.   :icon_salut:


Dit is baie interressant om te sien waar die spreekwoorde vandaan kom. 
Om te weet is om te verstaan.