• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vandag

Started by Assie, September 14, 2021, 03:39:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Oupa se:
"As jy hartseer bly oor gister, en heeltyd bekommerd is oor môre, dan steel jy vandag se vreugde."

:mumum:

PM

Gister se hartseer kleef aan 'n mens se vel, jy snuif dit onwillikeurig op, jy  duik en skud maar jy kan dit nie ontwyk nie.
More se bekommirnis hang ook stomend in die lug.  Intussen beleef ons ook vreugde en vrede, al is dit net bietjies bietjies elke dag.  Dit is die lewe. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

WoW! Ek lees, (gister gegaps by Naas en gaan vandag weer jou woorde wegdra PM  :notworthy: :book1:) Die sonde gebeur net wanneer 'n mens jou tussen groot ABC-geeste bevind. PM, Naas, wat sal ek sonder julle in my lewe doen??

PM

Vir my is jy die groot gees saam met Naas, Adele ens.  Raaitjie, jou begrip oor die skryfwerk gaan baie verder as wat ek kan dink.  Jou skryfwerk is uit die boonste rakke.  Ek lees dikwels jou werk en verwonder my daaraan.   :read:
Om te weet is om te verstaan.