• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die tandarts.

Started by PM, September 12, 2021, 10:39:20 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek moes gaan opskep maar toe wag ek vir hierdie ene wat ek vermoed het gaan kom....  :hello2: :notworthy:

PM

Nou het jy al amper 'n hele boek vol om weg te sleep na jou woordnes toe Raaitjie.  As Assie se oupa bylas kan dit net 'n groot plesier wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Plek geboek. Hoeka tyd dat ek weer die woordmandjie nader sleep en begin oes.  :hello2: :`ip2:

adele

Anderdag ook gehoor van 'n tandarts wat vir sy skelmpie sê hulle sal nou maar hul 'kuiertjies' moet laar vaar.
Geskok wil sy natuurlik weet hoekom dan so?
Antwoord hy: want jy het nog net een tand oor.
adéle  :grommit:

PM

O gatta patatta!  Nee wat, so lief is ek nie vir "kuier"nie.   :angel7:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Oupa se:
Hy lieg soos 'n tannetrekker.

Skewe tande kan ook kou.

Die Kaapse klong het hier en daar tande soos 'n vandisieklavier.

:mumum:

Meraai vannie Baai

...net een tand oor  :sign10:  Einde van kuiertjies  Ek lag so my mandjie is onderstebo en jy hoor net 'n gekletter van tanne soos die spul hap-hap protesteer. Ons het darem hier nou 'n mooi versameling van getande gesegdes hoor  :icon_biggrin:

PM

Ek wag nou in spanning om die mandjie te sien.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ta Elmarie van Oom Naas vertel van daai tyd wat sy opleiding gedoen het in Paarl hospitaal op die bejaarde vloer.
Nuwe verpleegstertjie moet rondte doen en ou mense se tande gaan borsel.
Hulle kry haar met 'n emmer vol tande in die badkamer. Suster aan diens kry byna 'n oorval.
Dit het blykbaar 'n hele paar ure gekos om weer al die tande met hul regte base te vereenselwig. Deel van die gesukkel was glo om al die kots skoon te maak.

:mumum:

Trapsoetjie

 :laughing4: :laughing4: :laughing4:

Goeie genade, ek kan dit sien. 'n Bekgeveg in 'n emmer.

:angel12:

PM

Ek is mal oor jou "bekgeveg in 'n emmer".   :read2:
Om te weet is om te verstaan.