Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: PM on September 12, 2021, 09:39:20 PM

Title: Die tandarts.
Post by: PM on September 12, 2021, 09:39:20 PM
(https://i.pinimg.com/564x/68/95/b4/6895b45807651a7f852010c3ee2bf1b7.jpg)
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 12, 2021, 09:41:00 PM
Jy sien?  Dit is nie maklik om 'n tandarts te wees nie.   :color:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Naas on September 12, 2021, 10:01:12 PM
Tannetrek sonder trane.
Smaak my die muis het sy tande gesteel.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 12, 2021, 10:04:30 PM
So 'n verdomme muis!   :sign10:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Meraai vannie Baai on September 12, 2021, 10:52:19 PM
 :toothy4: O wee. Die ene het ek bewaar om te deel PM. Net so tussen ons, ek vrees die dag wat ek en Outop meer as net brille gaan deel  :angel4:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 12, 2021, 10:56:26 PM
Praat jy van tanne Raaitjie.  Dit is die ongeletterde periode van die dag hier by my en dan moet jy weet die rooiwyn kuier saam!  :angel4:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Naas on September 13, 2021, 06:21:50 AM
Die verligting op die goudvissies se gesigte soggens as ek my tande uit hulle bak haal is prysloos.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2021, 07:42:16 AM
Hahahaha. Net solank jy nie die sjokelade afsuig van die grondboontjies soos daardie plaastannie terwyl jou tande in die vistenk is nie Naas  :icon_bigsmurf:

Lees ek die ene raak: En toe val my valstande in die middel van die nag in my slippers. Toe ek vanmore opstaan toe is my slippers vol monopoly geld en 'n briefie vol kwaai rooi gevreetjies van die tandmuis wat lees: "Nice try old timer".
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 13, 2021, 08:58:38 AM
 :sign10:   Mens kan nie eers meer met die tannemuis 'n gappie maak nie! 
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Naas on September 13, 2021, 09:10:18 AM
Die tannemuis is 'n ernstige gedierte. Hy het een van my melktande vir drie dae laat le voordat hy dit gevat het moes ek dit eers borsel.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 13, 2021, 09:20:46 AM
Dit is nou wat slapgattigheid noem!  :icon_biggrin:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2021, 10:02:22 AM
En hier sit ek met 'n bek vol tande (behalwe vir die wat verwyder moes worre  :icon_biggrin: ) Wonder ek hoeveel uitdrukkings ons nog het oor tande  :book1:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 13, 2021, 10:12:23 AM
'n Mens sal hare op jou tande moet hê om met so 'n slapgattige tandemuis te deel. 
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 13, 2021, 10:18:52 AM
As jy iets teensinnig doen dan doen jy dit met lang tande.  "Sy eet haar kos met lang tande."
Jy kan ook jou tande vir iets slyp.  Die kinders doen dit seker vir wanneer hulle kan sit en tande tel. 
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Naas on September 13, 2021, 10:20:19 AM
Die geraas maak my tande stomp

Ek het nie oogtande vir Zuma nie

Kners op my tande

Mense sonder tande ry op hulle rims

Sal jou klap dat jou tande soos bliksoldaatjies by jou neus uitmasjeer

'n bek vol tande is beter as twee oe vol trane

Praat jy wat tande het

My ma se gesegde... Daar sal 'n geween en 'n gekners van tande wees. En die wat nie tande het nie sal tande voor supply word.

Net genoeg kos vir my holtand

Sy tande herinner my aan sterre. Nie so blink nie maar so ver uitmekaar uit (kaapse klong)

Waar daar 'n tand is sal daar 'n kousel wees

Tussen die hand en die tand val die kos in die sand.

 :icon_bigsmurf:
(sekerlik sal Assie se Oupa nog 'n paat kan byvoeg
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2021, 10:22:29 AM
Ek moes gaan opskep maar toe wag ek vir hierdie ene wat ek vermoed het gaan kom....  :hello2: :notworthy:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 13, 2021, 10:23:35 AM
Nou het jy al amper 'n hele boek vol om weg te sleep na jou woordnes toe Raaitjie.  As Assie se oupa bylas kan dit net 'n groot plesier wees. 
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2021, 10:27:42 AM
Plek geboek. Hoeka tyd dat ek weer die woordmandjie nader sleep en begin oes.  :hello2: :`ip2:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: adele on September 13, 2021, 12:27:10 PM
Anderdag ook gehoor van 'n tandarts wat vir sy skelmpie sê hulle sal nou maar hul 'kuiertjies' moet laar vaar.
Geskok wil sy natuurlik weet hoekom dan so?
Antwoord hy: want jy het nog net een tand oor.
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 13, 2021, 12:43:19 PM
O gatta patatta!  Nee wat, so lief is ek nie vir "kuier"nie.   :angel7:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Assie on September 13, 2021, 02:01:51 PM
Oupa se:
Hy lieg soos 'n tannetrekker.

Skewe tande kan ook kou.

Die Kaapse klong het hier en daar tande soos 'n vandisieklavier.

 :mumum:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2021, 11:14:27 PM
...net een tand oor  :sign10:  Einde van kuiertjies  Ek lag so my mandjie is onderstebo en jy hoor net 'n gekletter van tanne soos die spul hap-hap protesteer. Ons het darem hier nou 'n mooi versameling van getande gesegdes hoor  :icon_biggrin:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on September 14, 2021, 07:11:44 PM
Ek wag nou in spanning om die mandjie te sien.   :hello2:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Assie on October 07, 2021, 03:09:51 PM
Ta Elmarie van Oom Naas vertel van daai tyd wat sy opleiding gedoen het in Paarl hospitaal op die bejaarde vloer.
Nuwe verpleegstertjie moet rondte doen en ou mense se tande gaan borsel.
Hulle kry haar met 'n emmer vol tande in die badkamer. Suster aan diens kry byna 'n oorval.
Dit het blykbaar 'n hele paar ure gekos om weer al die tande met hul regte base te vereenselwig. Deel van die gesukkel was glo om al die kots skoon te maak.

 :mumum:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: Trapsoetjie on October 08, 2021, 08:15:41 AM
 :laughing4: :laughing4: :laughing4:

Goeie genade, ek kan dit sien. 'n Bekgeveg in 'n emmer.

 :angel12:
Title: Re: Die tandarts.
Post by: PM on October 08, 2021, 12:59:23 PM
Ek is mal oor jou "bekgeveg in 'n emmer".   :read2: