• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

As ander ons plasings steel en deel

Started by Meraai vannie Baai, September 07, 2021, 01:09:56 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Gerhard van Eck stuur vir my 'n boodskap op Facebook om te laat weet hoe ver trek ons taalkennis op die forum. Gaan kliek en loer toe gou. Vind die volgende plasing van ons en verlustig my in die gesels wat rondom die onderwerp plaasgevind het op hulle blad:

'n Oulike bron met voorbeelde van volksetimologie.
https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=387.0&fbclid=IwAR38pk47u1OBOlqzUoAoNN4y1eG-ECPNyxAwWd0J2IWLHTf_-Y64_uorDmo

En toe se Hennie Meyer 'Ek gaan steel en deel. Dankie.'

Hulle weet dit net nie maar ek het ook gegaps want as woorde dros, pas dit so mooi by ons drie-woord-wurm-struktuur  :hello2:

Gesteel
en
gedeel

:book1: :headbang:



PM

Solank die ouens net krediet vir die plaser gee is ek heel gelukkig.   :book1:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Kampforum het ook Karel Grootlieg se stories gedeel maar ongelukkig kan ek nie kommentare daar gelees kry nie. Dis 'n volksvreemde forum.

:mumum:

PM

Voksvreemd! O hallie ha!  Wat sal Anton hiervan sê?   :angel8:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek kom ook nie reg met daai forum se ratte nie...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek wonder hoe sal Anton daaroor voel om van dieselfde forumplatvorm as ons gebruik te maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

#6
Ek dink nie dis 'n goeie voorstel nie want dan gaan al sy gereelde lesers wat gewoond is aan daai ratte weer sukkel.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek het nou weer met "nuwe tegnologie" te doen gekry toe ons opgradeer het na ... die nuwe dstv se decoder.  Skuus vir die ingelse woorde so tussen in, maar as ek dit nie doen nie gaan julle niks van my hoor nie. 
Dit is nogaals 'n aanpassing, maar "come hell or high water" jy moet maar daar deurdruk. 
Om te weet is om te verstaan.