Author Topic: Trisomie 21  (Read 1191 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Trisomie 21
« on: June 15, 2021, 10:11:02 PM »
Oggendboodskap 16 Junie 2021

            Gegroet vriende … goeienaand

            Vanaand val my woorde moeilik op my tong, want daar is soveel negatiewe dinge wat besig om oor ons land te rol soos sneeuballe wat net vinniger en groter rol. Maar daarom, juis soveel te meer, moet ons nader en nader aan God bly, vinniger in sy Voetspore volg, stywer aan die Soom van sy Kleed vashou.

            Dat daar moeilike dae vir ons, veral ons christene voorlê, is baie duidelik besig om uit Openbaring, nou waar te word. Dreigemente van inperking van kerke, maw ons godsdiensvryheid ens. Maar ook weet ons mos, ons word in genade gedra, nie om die komende moeilike tye vry te spring nie, maar omdat ons Krag om dit te dra, reeds binne-in ons is. God, deur die Heilige Gees, is oomblik vir oomblik in ons, om ons en dra ons tree vir tree. Volg net en dra sy Naam nog steeds, nou meer as ooit, na ander toe uit.

            So loop my gedagtes vanoggend en ek wonder, maar hoopglo, dat ek dit enduit sal regkry. Ek was ook benoud oor oorlewing omdat ek lees hoeveel skelmstreke ons van ons toekoms kan beroof. Dan kniel ek weer neer, sit sommer op my bed, en bid en gesels met my Vader oor alles. En sy Rustigheid vou om my.

            En bietjie later lees ek iemand se dringende versoek op fb raak; Dis min of meer soos volg:
Haar baba is gebore met Trisomy 21, drie weke oud, en sy het ‘n hartprobleempie. Dit kan nogal maklik by Down-kindertjies voorkom. Dan vra sy of iemand vir haar ‘n baba-monitor het, die tipe wat n alarm het wat afgaan as baba ophou asemhaal. Haar mammahart kan nie meer die angstigheid hanteer nie. Sy sê “Ek slaap bitter min want ek kyk elke 10minute of sy nog asemhaal.” En sy sluit dit af met ‘n “spog foto van my spesiale DS prinsessie”

            En haar woorde het my trane sommer laat loop. Sy slaap skaars, want sy is so bang haar fyne, kleine baba sal dalk ophou asemhaal. En dis haar enigste vrees. Sy wil haar baba behou, nooit daaraan gedink om haar te laat doodgaan, of eerder doodmaak nie. Nee, sy het aan haar geloof vasgehou twv ‘n babatjie wat nooit ‘normaal’ sal kan leef en sommer net sonder drama sal grootword nie.

             Maar onder die miljoene aborsies wat plaasvind, is daar ook babas wat as fetus reeds positief toets vir Trisomie 21. Hoe regverdig enige ouer ‘n aborsie, wonder ek weer? Maar ek weet ook van baie ouers wat die toetse weier, wat nie voor die keuse gestel wil word nie. En ek glo hulle kan luister na die sang van engele wat hulle ondersteun.

             Dan vou hartseer oor my eie gedagtes oor ons mooi land weer om my. Wat is belangriker in hierdie lewe, as geloof in Christus en om lewe wat van God af kom, op te pas en ook na Hom te lei? Nie geboue of taal of enigiets anders as geloof in die God van hemel en aarde nie.

              Dus vriende, gaan die dag in as dissipels en deel sy genade en liefde met jou naaste.

Groete en seënwense vir julle. Totsiens.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Trisomie 21
« Reply #1 on: June 29, 2021, 09:39:04 AM »
Dankie dat jy 'n liggie is vir almal om jou.  Lief vir jou Adele.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.