Author Topic: Eenling  (Read 1653 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Eenling
« on: October 07, 2020, 09:14:29 PM »
Eenling het hy na die binneland se rots gestrek,
die knoespunt bokant die uitsteek-wildevy vasgegryp.
Tye lank het hy, arm maar trots, op die boonste plato beplan,
gebou en vreugdewoorde aan sy kinders oorgedra.
Donderwolk-randjies het gereeld oor die horison geloer,
maar hy het sy skouers gespan en die aanvalle teëgestaan;
hul lewe gebou op dié wete, hy is deur God gestuur tot daar.

Op sy plato het sy kinders en kindskinders later voortgebou,
maar na nog tye het hulle sy vreugdewoorde vergeet;
sy herinneringe en die Woord wat hom gestuur het
in klipskeure versteek ... verlei deur vlaktes se lugspieëlings.
In mammonkoors geyl en vals herders se kruie gepluk en geëet,
uitgesprei en in moerasvleie sonder Rots, nuwe fondamente gelê
en jeugdige onskuld in wolkekrabbers van klatergoud verloor.

Soos Gods keurvolk van ouds, na ontelbare teleurstellings,
is Eenling se kindskinders later in skande-ballingskap oorgegee.
Legio kanse is geërf, geleen, gebedel, geëis en ontelbaar geneem
tot die dag toe verraaiers met judaskus en goue armbande,
sy rots bokant die uitsteek-wildevy laat sink het;
sy kindskinders en hulle kinders se ondergang geleë
in ontkenning van hul wortels wat in sy Rots geanker was.

Maar uit sy geliefdes, sy nageslag, het ‘n groepie later in angs
deur swart donderwolke op die plato, na ‘n sonstraal gaan soek;
die knoespunt bokant die uitsteek-wildevy gevind en vasgegryp.
Hulle het hul skouers gespan om wrede aanvalle teë te staan
en verpletterd hul lewe voortgebou, want God was nog daar.
Hulle moes vernederd hul egoïsme en baälaanbidding bely,
in trane neerkniel, smekend om vergifnis uit Gods Woord,
berouvol weer sy Evangelie uitdra na elk ander plato.

©adéle theron

« Last Edit: June 07, 2021, 10:35:47 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eenling
« Reply #1 on: November 17, 2020, 04:03:34 PM »
Kry ek sommer hoendervleis.  Pragtig Adele.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Eenling
« Reply #2 on: November 17, 2020, 05:59:02 PM »
 :love7: dankie vriendin
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eenling
« Reply #3 on: May 28, 2021, 05:10:37 PM »
Ek het gou weer hier gelees en kry steeds hoendervleis.  Jy het 'n manier om 'n ding te sê wat  diepe betekenis dra.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.