• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

vuurherd van sy lewe

Started by adele, May 12, 2021, 09:55:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

vuurherd van sy lewe

stomp vir stomp
   pak hy die kaggel
      vol verwerping
          uit sy gisterlewe
      en vul die binnekant
   met fynhoutjies
uit sy geheue op

deur sukkel-emosies
   van vandag se haat
      vol kinderjaloesie,
        skep hy uit sy tonteldoos
      'n vlammetjie geel
   om die winterkole
aan die brand te steek

vuurtonge vreet gulsig
   aan sy emosies
      en verbrand stompe vol vrae
         om sy vuurherd later
      leeg, kaal te laat ...
   en deur die skoorsteen
koel 'n sagte suising
sy koorshitte af

verdof sy leë blink lewe
   soos sterre met dagbreek
      en voor die Lig deurbreek
         gryp hy Sy Hand vas;
      onthou hy
   en skep hy oorvloedig
uit die as te strooi
     vergifnis
            vrede
                  rus

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

En so kronkel ons elkeen se lewensverhaal, afgemeet deur Vader Tyd...  :notworthy: :icon_salut:

adele

adéle  :grommit:

PM

Woordeloos!  Wat kan ek sê!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.