Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 12, 2021, 08:55:16 PM

Title: vuurherd van sy lewe
Post by: adele on May 12, 2021, 08:55:16 PM
vuurherd van sy lewe

stomp vir stomp
   pak hy die kaggel
      vol verwerping
          uit sy gisterlewe
      en vul die binnekant
   met fynhoutjies
uit sy geheue op

deur sukkel-emosies
   van vandag se haat
      vol kinderjaloesie,
        skep hy uit sy tonteldoos
      ’n vlammetjie geel
   om die winterkole
aan die brand te steek

vuurtonge vreet gulsig
   aan sy emosies
      en verbrand stompe vol vrae
         om sy vuurherd later
      leeg, kaal te laat …
   en deur die skoorsteen
 koel ’n sagte suising
sy koorshitte af

verdof sy leë blink lewe
   soos sterre met dagbreek
      en voor die Lig deurbreek
         gryp hy Sy Hand vas;
      onthou hy
   en skep hy oorvloedig
uit die as te strooi
     vergifnis
            vrede
                  rus

©adéle theron
Title: Re: vuurherd van sy lewe
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2021, 11:14:19 AM
En so kronkel ons elkeen se lewensverhaal, afgemeet deur Vader Tyd...  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: vuurherd van sy lewe
Post by: adele on May 14, 2021, 07:21:34 PM
 :love7:  :wave:
Title: Re: vuurherd van sy lewe
Post by: PM on September 13, 2021, 12:03:43 AM
Woordeloos!  Wat kan ek sê!   :love7: